“Teenvriesmiddel” veroorsaak nattigheid op Mars

mars-seasonal-dark-flows-color-codedDie bekende nattigheid wat teen sommige van Mars se kraterwande uitslaan wanneer dit warm bak, en lyk soos syferwater wat daarteen afkronkel, is pekel met verskillende ysterkombinasies wat as ‘n “teenvriesmiddel” beskryf word.

Die verskynsel staan as “recurring slope lineae” (RSL) bekend.

Tot dusver kon nog nie ‘n spoor van die water wat ‘n mens skynbaar sien, positief waargeneem word nie. Dit is egter moeilik om in te dink hoe die verskynsel sonder water kan voorkom, sê Lujendra Ojha, wat die verskynsel die eerste keer in 2011 waargeneem het.

Foto: Die foto is saamgestel uit ‘n foto wat met ‘n kamera geneem is wat met gewone lig werk, en ‘n foto wat deur ‘n spektrometer geneem is wat die verskillende minerale in kleurskakerings vasvang.

Bron: Nasa

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.