Die aandelebeurs het omstreeks 12:00 gesluit oor wat later geblyk het weens ‘n tegniese fout te wees. Die NYSE het op sy Twitter-profiel gesê dit was ʼn interne tegniese fout en nie die gevolge van ʼn kuberaanval nie.
“Ons het gekies om die handel op die aandelebeurs op te skort om te verhoed dat verdere probleme uit die tegniese kwessie voortspruit. NYSE-aandele gaan onverstroord voort om op ander markte te handel te dryf,” het die beurs gesê.