‘Tegniese fout’ bring aandelebeurs tot stilstand

Argieffoto

Argieffoto

Die New Yorkse Aandelebeurs (NYSE) het Woensdagmiddag tot stilstand gekom weens ʼn onbekende tegniese rede.

Die aandelebeurs het omstreeks 12:00 gesluit oor wat later geblyk het weens ‘n tegniese fout te wees. Die NYSE het op sy Twitter-profiel gesê dit was ʼn interne tegniese fout en nie die gevolge van ʼn kuberaanval nie.

“Ons het gekies om die handel op die aandelebeurs op te skort om te verhoed dat verdere probleme uit die tegniese kwessie voortspruit. NYSE-aandele gaan onverstroord voort om op ander markte te handel te dryf,” het die beurs gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.