Ter dood veroordeel oor sy Christen is

Ibrahim en haar man

Ibrahim en haar man

‘n Regter in Khartoem, Soedan het ’n hoogswanger Christen-vrou die doodstraf opgelê omdat sy weier om haar tot die Islam te bekeer.

Meriam Yahia Ibrahim (27) is met ‘n Christen getroud en agt maande swanger. Haar pa is Moslem. Die regter het gelas dat Ibrahim gehang moet word. Sy is ook tot 100 houe lyfstraf gevonnis vir “owerspel”. Volgens Islamitiese sharia-wetgewing mag ‘n Moslem-vrou nie met ‘n man van ‘n ander geloof trou nie en word so ‘n huwelik as owerspel beskou.

Ibrahim het na haar vonnisoplegging gesê. “Ek is ‘n Christen en ek het nie my geloof verloën nie”. Sy is vroeër drie dae gegee om haar tot die Islam te bekeer maar het geweier. Ibrahim se seuntjie van 20 maande word intussen saam met haar in die tronk aangehou. Die regter het gelas dat Ibrahim geboorte sal kan skenk voor sy gehang word.

Die uitspraak is intussen wyd veroordeel. Die VSA het die uitspraak as “uiters ontstellend” beskryf en ‘n beroep op Soedan gedoen om vryheid van geloof te beskerm. Mark Simmonds, Brittanje se minister vir Afrika, het ook die uitspraak veroordeel.

“Die barbaarse uitspraak beklemtoon die skerp skeiding tussen die praktyke van die Soedanese howe en die land se internasionale menseregte verpligtinge,” het Simmonds in ‘n verklaring gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

alet ·

Mag n mens nerens aan God en Sy gebode gehoorsaam wees nie.Ek dink hulle is net so barbaars skande bo skande

ansie vermeulen ·

Dis. Absurb, wreed en ongehoord! God slaap nie en ons staan in vir Gebed vir vrylating. Geloof is immers jou eie keuse?

Isabel Boning ·

Drie Enige God,Vader,Seun en Heilige Gees.ek pleit Jesus bloed oor Meriam Yahia Ibrahim (27) , beskerm haar teen aanslae teen haar lewe. Pappa Vader ek pleit dat U met die Soedanse regering se harte en siele sal werk dat hulle harte sal versag en dat hulle liefde in hulle harte sal he om Miriam Yahia Ibrahim vry te laat en dat sy in vrede met haar gesin kan lewe.In Jesus Naam pleit ek dit. Dankie Vader dat U nou in beheer van haar lewe is. Amen!

Isabel Boning ·

“Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met My eie hand red ek jou.”Jes 41:10

Rinie Combrink ·

Ons kan net vir haar bid… God SAL ingryp em haar beskerm!

Nico Rademeyer ·

Uiters genadeloos, barbaars, skandalig, nee daar is net eenvoudig nie genoeg letters in ons alfabet om ‘n gepaste woord saam te stel om hierdie daad te beskryf nie. Wat jy saai sal jy maai sê die woord. Ek kry Islam jammer die dag as hulle uit die beker van God se grimmigheid gan drink tensy hul hul gaan bekeer.

MAnthony ·

Genesis 22 (Watter wonderlike ooreenkom – ONSE GOD SAL VOORSIEN. AMEN)
1 ‘n Ruk na die vorige gebeurtenisse het God vir Abraham op die proef gestel en vir hom gesê: “Abraham!” Hy het geantwoord: “Hier is ek!”
2 God het vir hom gesê: “Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer daar op een van die berge wat Ek vir jou sal aanwys.”
3 Vroeg die volgende môre het Abraham ‘n donkie opgesaal en hout gekap vir die brandoffer. Hy het twee slawe saamgevat en ook sy seun Isak. Toe het hy vertrek na die plek toe wat God vir hom aangewys het.
4 Op die derde dag het Abraham die plek uit die verte gesien.
5 Toe sê hy vir sy slawe: “Wag hier met die donkie. Ek en die seun gaan daar aanbid, dan kom ons terug na julle toe.”
6 Abraham het die hout vir die brandoffer op sy seun Isak se rug getel en self vuur en ‘n mes saamgevat. Terwyl hulle twee so saamloop,
7 sê Isak vir sy pa: “Pa?” en Abraham antwoord: “Ja, my seun?” Toe vra Isak: “Hier is vuur en hout, maar waar is die lam om te offer?”
8 Abraham het geantwoord: “My seun, God sal sy eie offerlam voorsien.” Daarna het hulle twee saam verder gestap.
9 Toe hulle aankom by die plek wat God vir Abraham aangewys het, het Abraham daar ‘n altaar gebou. Hy het die hout reggesit en sy seun Isak vasgebind en op die altaar neergesit, bo-op die hout.
10 Net toe Abraham die mes vat om sy seun te slag,
11 roep die Engel van die Here uit die hemel na hom: “Abraham, Abraham!” Hy het geantwoord: “Hier is ek!”
12 Toe sê God: “Los jou seun! Moenie iets aan hom doen nie. Nou weet Ek dat jy My dien: jy het nie geweier om jou seun, jou enigste seun, aan My te offer nie.”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.