Teregstellings neem wêreldwyd skerp toe

galgtouIn 2013 het teregstellings wêreldwyd met byna 100 gevalle gestyg, aldus Amnestie Internasionaal.

Amnestie Internasionaal meen “by verre” die meeste teregstellings vind in China plaas, maar omdat daar nie betroubare gegewens is nie, word dit buite rekening gelaat. In 2013 het 778 teregstellings plaasgevind wat China en ander lande wat nie rekords bekend maak nie, uitsluit.

Van die bekende teregstellings is Iran, Irak en Saoedi-Arabië, wat vir sowat 80% van die gevalle verantwoordelik is. Iran, met sy 369 teregstellings is die land wat die “toon aangee”, in die afwesigheid van China waar vermoedelik “duisende teregstellings per jaar” plaasvind.

Saoedi-Arabië het minstens 79 keer die doodstraf toegepas.

In die VSA, wat die vyfde meeste teregstellings doen, het die getal in 2013 tot 39 afgeneem van 43 die vorige jaar.

Twintig jaar gelede het 37 lande nog die doodstraf toegepas, maar dit het verlede jaar verminder tot 22 lande.

Amnestie Internasionaal se volledige verslag kan hier gelees word.

Bron: De Standaard

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Slim Daan ·

Sonder twyfel is hierdie kwessie een waar SA loshande n internasionale “markleier” sou wees. Kos net more n referendum hieroor uit te roep.

Ria Maritz ·

Met al die verkragting en moord in Suid-Afrika kan die doodstraf gerus weer ingestel word. Hier is meer as genoeg misdadigers.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.