Die Nigeriese weermag het Dinsdag gesê hy kon daarin slaag om ʼn terreuraanval, na bewering deur die Islamitiese terreurgroep Boko Haram, op die stad Maiduguri af te weer.
Volgens owerhede is daar glo vrede in die stad, maar die weermag is op hoëgereedheidsgrondslag geplaas vir moontlike aanvalle van Jihadiste – veral oor die Kersvakansie en die Moslemse vakansiedae.
Volgens berigte het inwoners van Maiduguri na die buitewyke van die stad gevlug toe skote oral in die stad begin klap het.
Maiduguri is al vir ʼn geruime tyd die middelpunt van Boko Haram-aanvalle en verskeie kerke en moskees is al in die verlede geteiken.
Niemand het nog tot op hede verantwoordelikheid aanvaar vir die aanval nie. Geen beserings of sterftes is aangemeld nie.
N groep val n groep aan en word deur n groep af geweer wat deur n groep op gereedheid geplaas was deur n groep. Klink soos n groeps poging.