‘Terroris’ teiken supermark in Nieu-Seeland

Nieu-Seeland se eerste minister, Jacinda Ardern. (Foto: Mark Mitchell/New Zealand Herald via AP)

Die polisie in Nieu-Seeland het Vrydag ’n “gewelddadige ekstremis” doodgeskiet nadat hy ses mense in ’n supermark in Auckland met ’n mes gesteek het.

Drie van die slagoffers is in ’n ernstige toestand in ’n hospitaal opgeneem.

Jacinda Ardern, die eerste minister van Nieu-Seeland, het die voorval tydens ’n mediakonferensie as ’n terreuraanval bestempel en gesê die aanvaller was bekend aan die owerhede.

Die Sri Lankaanse burger het in 2011 reeds in Nieu-Seeland aangekom en was sedertdien “konstant gemonitor”.

Ardern sê dieselfde taakspanne wat die aanvaller die afgelope dekade gemonitor het, het hom binne 60 sekondes nadat hy tot die aanval oorgegaan het, doodgeskiet.

“Dit was ’n gewelddadige aanval. Dit was sinneloos en ek is so jammer dat dit gebeur het,” het Ardern gesê.

“Wat vandag gebeur het, was veragtelik, dit was haatlik, dit was verkeerd. Dit is uitgevoer deur ’n individu, nie ’n geloof nie, nie ’n kultuur nie en nie ’n etnisiteit nie. Hy alleen is verantwoordelik vir hierdie dade.”

Ardern het voorts gesê die aanval is deur die Islamitiese Staat geïnspireer terwyl “gewelddadige ideologie” die motief was.

Die jongste aanval roep pynlike herinneringe op aan die skietvoorvalle by twee moskees in Christchurch meer as twee jaar gelede.

Brenton Harrison Tarrant het op 15 Maart 2019 tydens ’n gebedsbyeenkoms by twee moskees in Christchurch op aanbidders losgebrand. Altesame 51 mense is gedurende die aanvalle dood.

Tarrant dien intussen lewenslange tronkstraf sonder die moontlikheid van parool uit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Kaptein67 ·

Jacinda Ardern, hoe gebeur dit as jy self erken dat die aanvaller “konstant gemonitor” was?

Hardekwas ·

Dit klink vir my net so effektief as ons eie intelligensie diens. Almal is altyd baie slim ná die tyd.

Lindie ·

Hy word al vir paar jaar gemonitor deur undercover polisie. Hy het winkel toe gegaan soos hy gewoonlik doen, vandag mes van rak af geruk en mense begin steek. Die polisie was daar toe dit gebeur het, 60 sekondes vandat hy mes gegryp het totdat hulle hom doodgeskiet het.

Sobymykoolkop ·

Dis omtrent soos in SA , al wat SA se polisie doen , konstante monitering.

Lindie ·

Die man is jare gelede al as bedreiging geïdentifiseer en daagliks gemonitor deur undercover polisie. Hy het ‘n normale daaglike lewe gelei en soos gewoonlik winkel toe gegaan. Maar vandag besluit om mes van rak af te ruk en net begin steek. Die polisie was daar toe dit gebeur het, 60 sekondes van hy mes gevat het totdat polisie hom doodgeskiet het.

Jr ·

And now with Afghanistan it will happen more and more. Get ready.

Keelvol ·

Nogal interessant dat hulle iemand wat terreur dade uitvoer in die land kan toe laat en net monitor, maar vir n Suid-Afrikaanse sê sy moet die land verlaat want sy is te vet.

Hardekwas ·

Deel van die wokeness, waarvan ons moeilik ontslae gaan raak.

Elna ·

Ek mag hartvogtig klink, dis hoe met ekstremiste gewerk moet word.

Cecilia ·

Nou claim almal dis veiliger down under as in SA?
HKM is d ou nie uit NZ gegooi nie as hy n bedreiging ingehou het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.