Terroriste maak baie uit ontvoering

Argieffoto

Argieffoto

Vir ’n paar uur was Suid-Afrikaners verenig in gebed in die hoop dat die ontsette buitelandse gyselaar in Jemen, die Suid-Afrikaner Pierre Korkie sou wees.

Die hoop het egter beskaam toe bevestig is dat hy ’n Amerikaner is.

Intussen het die terreurdeskundige, Yotsna Lalji, voor die VN Veiligheidsraad se komitee teen terreur getuig dat die IS verlede jaar tussen R385 miljoen en R500 miljoen verdien het uit lospryse wat vir ontvoerdes gehef is. Tussen 2004 en 2012 het terreurgroepe sowat R1,3 miljard uit ontvoerings verdien.

Daar was ’n skerp toename in die ontvoerings na die leier van Al Kaïda, Ayman al-Zawahri, in Oktober 2012 ’n oproep op Al Kaïda-geaffileerde organisasies gedoen het om Westerlinge te ontvoer.

Korkie is deur ‘n “filiaal” van Al Kaïda ontvoer, wat glo gemeen het hy is ‘n Amerikaner. Die IS is as filiaal uitgeskop omdat hulle “te erg is.”

Hoofbron: Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.