Terry Pratchett oorlede

Terry Pratchett (2012) Foto: Luigi Novi via Wikimedia Commons

Terry Pratchett (2012) Foto: Luigi Novi via Wikimedia Commons

Die bekende Britse outeur Terry Pratchett is Donderdag in die ouderdom van 66 oorlede na ʼn lang stryd met Alzheimer se siekte.

Sir Terry Pratchett het wêreldwyd bekendheid verwerf met sy topverkoper Discworld-reeks.

“Hy het Dood aan die arm gevat en hom deur die deur gevolg na die swart woestyn onder die nimmereindigende nag,” het sy assistent Rob Wilkins op Twitter bevestig.

Pratchett is ook bekend vir sy omstrede dokumentêr in 2011 oor bystandselfmoord genaamd Terry Pratchett: Choosing to Die.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.