Tesla herroep voertuie oor veiligheid

Tesla, met sy Suid-Afrikaans gebore baas Elon Musk, het gedurende die tweede kwartaal ’n rekordwins van $1,1 miljard behaal. (Foto: iStock)

Tesla herroep meer as 500 000 elektriese voertuie in Amerika weens tegniese foute wat die risiko vir ongelukke kan laat toeneem, berig internasionale media.

Die elektriesevoertuigvervaardiger sal meer as 350 000 van die Model 3-voertuie wat tussen 2017 en 2020 gemaak is, herroep, aangesien die kamera aan die voertuie se agterkant maklik beskadig word wanneer die kattebak oop- en toegemaak word. “Dit kan keer dat die beeld van die ruimte agter die motor wel vertoon word,” het Tesla aan die nasionale administrasie vir hoofwegverkeersveiligheid (NHTSA) gesê.

Amper 120 000 van die Model S-voertuie wat sedert 2014 vervaardig is, sal ook herroep word weens ʼn fout met die knip op die enjinkap, wat kan veroorsaak dat die kap onverwags oopspring en die bestuurder se uitsig belemmer.

“Tesla sal dié motors bekyk en veranderinge aanbring teen geen ekstra koste vir die eienaars nie.”

Volgens ʼn berig in The New York Times het Tesla se verkope in 2021 met 87% toegeneem en amper 1 miljoen voertuie is al gelewer.

Tesla-motoriste het egter onlangs gehoor hulle sal nie meer kan videospeletjies speel terwyl die voertuig beweeg nie. Dít nadat die NHTSA sy kommer uitgespreek het dat dié funksie moontlik bestuurders se aandag van die pad kan aftrek.

Die Amerikaanse regering sou boonop in Augustus ʼn ondersoek doen na Tesla se  outomatiese bestuursfunksie ná ʼn reeks ongelukke tussen Tesla se voertuie en stilstaande noodvoertuie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

casper ·

Let wel daar was absoluut geen insidente of ongelukke as gevolg van die 2 items nie en dat die knippe slegs ‘n baie klein persentasie van voertue beinvloed.

Marius ·

Elekriese karre in sa? Met die krag probleme en gereelde kabel diefstal gaan dit maar moeilik gaan. Ander probleem is die kort reik afstande as dit kom by langpad ry.

Perdeby ·

Langafstand is wel ‘n probleem, maar was jou selfoon vol gelaai tydens loadshedding?

Misky ·

Videospeletjies terwyl jy bestuur????? Daai twee woorde hoort nie eens saam in een sin nie

Perdeby ·

Nie vir die bestuurder nie, maar wel vir die passasiers dink bietjie verder. Hoeveel sulke tipe toestelle word in voertuie ingebou met aankoop vir die kinder om games of movies te kyk om hulle besig te hou in die voertuig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.