Tesla slaan remme aan op bitcoin

Argieffoto van Elon Musk. uitvoerende hoof van Tesla. (Foto: Tesla) 

Die elektroniese motorvervaardiger Tesla het besluit om nie meer bitcoin as ʼn betaalmiddel vir sy elektriese motors te aanvaar nie. Dít weens die nadelige impak wat die rekenaar-intensiewe mynbouproses om nuwe kriptogeldeenheid te skep op die klimaat het.

“Ons is bekommerd oor die vinnig toenemende gebruik van fossielbrandstowwe vir bitcoin-ontginning en -transaksies, veral steenkool, wat die slegste uitlaatgasse van alle soorte brandstof het,” het Elon Musk, uitvoerende hoof van Tesla, Donderdagoggend in ʼn twiet gesê.

“Die kripto-geldeenheid is op baie vlakke ʼn goeie idee en ons glo dat dit ʼn belowende toekoms het, maar dit kan nie ten koste van die omgewing wees nie.”

Die ontginning van bitcoin het ʼn rekenaarkragstryd geword met masjiene wat elektrisiteit verslind.

Een van Musk se dryfvere agter Tesla is juis die skade wat petrolmotors aan die omgewing aanrig.

Tesla het in Februarie vir die eerste keer sy plan aangekondig om die kripto-geldeenheid as betaalmiddel vir sy elektriese motors te aanvaar. Die maatskappy het toe ʼn $1,5 miljard (ongeveer R22 miljard) belegging in bitcoin gemaak.

Maroela Media het vroeër berig dié belegging het die kripto-geldeenheid se prys tot ’n rekordhoogte laat styg. Dit het ook te midde van skuiwe deur Mastercard en ander hoofstroommaatskappye om kripto-geld te aanvaar, gehelp om bitcoin ʼn hupstoot te gee tot ongekende vlakke in 2021.

Volgens Musk sal Tesla niks van sy bitcoin verkoop nie en die motorvervaardiger beplan om uiteindelik dié kripto-geldeenheid te gebruik wanneer mynboubedrywighede oorgaan na meer omgewingsvriendelike energieverbruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Rian ·

Verlaag die prys en koop nog meer Bitcoin. Ek dink ek sal maar self nou aankoop

Keith ·

I know someone who had a 3 x bitcoin mining machines, also known as an “antminers”, and he had notched up an unbelievable electricity bill, in just three months. The machines were unplugged and put away.

Jean ·

That was back when bitcoin was still under 300k, now its worth mining if you already have the setup.

Onnie ·

Lyk my mens leer elke dag iets nuut! Ek het nie geweet mens kan “myn” vir bitcoin nie. Ek sou nie kon raai hoe ‘n virtuele geldeenheid skade aan die natuur kan berokken nie. Ek sal moet gaan op lees. Maar ek dink nie ek sal ooit daarvan koop nie, ek vertrou nie wat ek nie kan sien en vat nie. Dis maar net ek.

Jean ·

Sodra jy dit verkoop is di geld in jou bank.
Jy trek die geld dan kan jy dit sien en vat.

Oljetter ·

Sê die omgewingsbewuste vervaardiger van batterye en vele ander besoedelende goed.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.