Texas knyp aborsieklinieke

Argieffoto

Argieffoto

Die Amerikaanse deelstaat Texas se nuwe wetgewing oor aborsieklinieke het daartoe gelei dat 13 sulke klinieke Vrydag moes sluit. Dit volg nadat die staat se federale appèlhof beslis het die wetgewing is grondwetlik.

Daar is nou nog net sewe aborsieklinieke in Texas oor.

Die nuwe wetgewing behels dat aborsieklinieke aan presies dieselfde standaarde as hospitale se operasieteaters moet voldoen. Die aborsieklinieke en drukgroepe vir aborsies het aangevoer dat dié voorskrifte onnodig streng is.

Die staat het egter volgehou dat dit nodig is om die veiligheid en gesondheid van vroue te verseker.

Daar was reeds onder vorige wetgewing ’n sterk afname in aborsieklinieke in Texas, nadat wetgewing aborsiedokters verplig het om eers die kwalifikasies te verkry om as hospitaaldokters te praktiseer.

Texas het die maatreëls begin formuleer nadat pogings om wettige aborsies op aanvraag in die VSA te verbied – in elk geval minstens in deelstate wat daarteen gekant is – in die howe misluk het. Dit word deels aan voeteslepery van pres. George W. Bush toegeskryf wat verhinder het dat die Supreme Court betyds korrek saamgestel is, en daarna die verkiesing van die pro-aborsie president Barack Obama.

Aborsies op aanvraag is in 1973 gewettig toe die Supreme Court in die beslissing van Roe vs Wade ten gunste daarvan beslis het.

Bron: CBN News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Grassie ·

Moord bly moord – ongeag wat die wetgewer daarvan sê of wat die dokter se kwalifikasies is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.