Texas-vrou sterf toe pitbulls haar verskeur

Argieffoto (Foto: PawsitivelySpoiled5/Pixabay)

Drie pitbulls het twee vroue in Houston, Texas in die VSA aangeval. Een van die vroue is dood en die ander het ernstige beserings opgedoen.

Polisiebeamptes het gesê die beseerde vrou is verskeie kere gebyt, maar sy sal na verwagting die aanval oorleef, aldus KHOU. Sy is in ʼn hospitaal opgeneem.

Die vrou se man het die polisie ontbied toe sy vrou aangeval is en minute ná die polisiebeamptes by die toneel opgedaag het, het die eienaar van die honde ook die polisie gekontak om te sê ʼn tweede vrou is aangeval en sy lê in ʼn sloot buite sy huis. Polisiebeamptes is na die huis en het die vrou dood aangetref.

Die aanvalle het in die Independence Heights-woonbuurt in die noorde van die stad plaasgevind.

Die honde is aangekeer en hul eienaar het sy samewerking gebied in die ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.