Thailander kry 35 jaar tronkstraf oor sosialemedia-plasing

sosiale-media-facebook-twitter-instragram

Foto: LoboStudioHamburg/Pixabay.com

ʼn Thailander is tot 35 jaar tronkstraf gevonnis omdat hy die monargie op Facebook beledig het.

Thailand se streng lèse-majesté-wette verbied enige kritiek en beledigings teenoor die koninklike familie.

Wichai Thepwong, 34, is skuldig bevind op tien afsonderlike aanklagte van lèse-majesté (rakende misdaad van minagting teenoor ʼn opperheerskappy). Sy oorspronklike vonnis was 70 jaar, maar dit is gehalveer omdat hy skuld beken het.

Volgens Thaise regslui is dít die swaarste straf in dié verband tot dusver.

Volgens die regslui word beledigings teenoor die koninklike familie as ʼn nasionale sekuriteitskwessie bestempel.

Sedert die regering in Mei 2014 aan bewind gekom het, is meer as 100 mense al in hegtenis geneem vir soortgelyke oortredings waarvan die meeste kommentaar op Facebook of deel van Facebook-plasings was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Chekoree ·

O maggies en is dit die volgende Zuptawet wat hier geimplimenteer gaan word?

broos ·

en in suid afrika is “swaar straf” vir moord ‘n skamele 10 jaar…….

Swannie ·

As die wet in Suid Afrika van krag was, was ons almal nou in die tronk, aangesien ek niemand ken wat nie sleg praat ( of skryf) van Zuma nie.

Swannie ·

Maroela Media, ek ken Thaiwanese ( meervoud) maar van `n Thailander nog nooit gehoor nie.
Impliseer dit dat Chinese nou ook Chinalanders word ?

Janie Monsieur ·

Dagsê Swannie,
Dankie vir jou kommentaar. Volgende Pharos se “Afrikaanse woordelys en Spelreëls is die korrekte benaming vir iemand wat in Thailand bly “Thailander”. Dit is dus nie in hierdie berig verkeerdelik gebruik nie. Thaiwan en Thailand is ook immers verskillend lande.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Ook soos ·

Ook soos “Italianer” vir “Italië” en “Australiër” vir “Australië”.

Chris ·

Swannie, ek dink wanneer jy my brief lees sal jy dink ek het iets gerook of te vroeg begin vat. Ek verontskuldig Zuma glad nie. Ek dink hy is te naief en goedgelowig. Sy adviseurs en trawante het grootliks tot sy lot by te dra. Dat hy nie uitgeslape is nie, betwyfel ek glad nie. Zuma is soos die Ingelse sal sê “opgesit” vir die groot val. Wat ek Zuma alle erkenning voor sal gee, hy is besig om die terroriste bende af te breek wat die Ingelse, Franse, Swede, en wie ook al befonds, gehelp en ondersteun het. Wat die buiteland hoeveel jaar opgehou het en die vorige regering probeer bekamp, beveg en wat ook al, doen Zuma dit gouer. Die probleem waarmee ek sit is wanneer Zuma waai, met wie vervang jy hom? Die nuwe persoon, en sy trawante gaan dieselfde doen.

Koos1 ·

As die wette hier moet geld sal arme tannie Hellen nooit weer sonlig sien nie!

humor ·

Hierdie ding sal nou net maak dat ons arme z weer in die parlement krokkediltrane gaan huil en op n nuwe klousule sal aandring wat van hof tot hof en apel tpt apel sal voortduur. Mens kry hom amper so half jammer want ten opsigte van dit is hy voelvry verklaar. Ek bedoel net mense kan maar se wat hulle wil en selfs liederlike meesterstukke skilder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.