
Foto: LoboStudioHamburg/Pixabay.com
ʼn Thailander is tot 35 jaar tronkstraf gevonnis omdat hy die monargie op Facebook beledig het.
Thailand se streng lèse-majesté-wette verbied enige kritiek en beledigings teenoor die koninklike familie.
Wichai Thepwong, 34, is skuldig bevind op tien afsonderlike aanklagte van lèse-majesté (rakende misdaad van minagting teenoor ʼn opperheerskappy). Sy oorspronklike vonnis was 70 jaar, maar dit is gehalveer omdat hy skuld beken het.
Volgens Thaise regslui is dít die swaarste straf in dié verband tot dusver.
Volgens die regslui word beledigings teenoor die koninklike familie as ʼn nasionale sekuriteitskwessie bestempel.
Sedert die regering in Mei 2014 aan bewind gekom het, is meer as 100 mense al in hegtenis geneem vir soortgelyke oortredings waarvan die meeste kommentaar op Facebook of deel van Facebook-plasings was.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
O maggies en is dit die volgende Zuptawet wat hier geimplimenteer gaan word?
Ja en in Suid Afrika kry jy 6 jaar vir moord
en in suid afrika is “swaar straf” vir moord ‘n skamele 10 jaar…….
As die wet in Suid Afrika van krag was, was ons almal nou in die tronk, aangesien ek niemand ken wat nie sleg praat ( of skryf) van Zuma nie.
Maroela Media, ek ken Thaiwanese ( meervoud) maar van `n Thailander nog nooit gehoor nie.
Impliseer dit dat Chinese nou ook Chinalanders word ?