Thaise vrou (32) sterf weke ná inenting

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Gesondheidsamptenare stel ondersoek in nadat ’n 32-jarige vrou van Thailand twee weke nadat sy teen Covid-19 ingeënt is, dood is.

Bangkok Post berig Narilin Angthong, ʼn doktersassistent by ’n hospitaal in Hat Yai, is Donderdag dood nadat sy 13 dae vantevore haar eerste dosis van die Sinovac-entstof ontvang het. Dié entstof word nie in Suid-Afrika toegedien nie.

Angthong het geen bestaande gesondheidstoestande gehad nie en het haar eerste dosis op 14 Mei in die hospitaal ontvang. Sy het ’n week later begin kla van hoofpyn, moegheid en spierswakheid.

Angthong het verlede week Donderdag inmekaargesak en is inderhaas na die Hat Yai-hospitaal se ongevalle geneem.

Volgens ’n dokter het haar hart skielik ophou klop en mond-tot-mondasemhaling is gedoen. Angthong is ten spyte van dié pogings later dood. Daar word vermoed dat sy dood is as gevolg van longembolie – die skielike verstopping in ʼn slagaar wat bloed aan die longe verskaf.

Dr. Opas Kankawinpong, direkteur-generaal van siektebeheer by die departement van openbare gesondheid in Thailand, sê nou plaaslike owerhede gaan Angthong se naasbestaandes se toestemming vra sodat ʼn nadoodse ondersoek uitgevoer kan word.

X-straaluitslae en monsters vir laboratoriumtoetse sal ook gestuur word om die presiese oorsaak van haar dood te bepaal.

’n Paneel oor nadelige voorvalle ná inenting by die Hat Yai-hospitaal is intussen besig om Angthong se behandelingsrekords te hersien. Dié inligting sal ook aan ʼn span kundiges gestuur word wat Sondag sal vergader om die oorsaak van Angthong se dood te bepaal.

Luidens die koerantberig sal daar intussen met pasiënte opgevolg word wat van dieselfde besending van die Sinovac-entstof ontvang het – veral vroue van reproduktiewe ouderdom.

Die uitkomste van die ondersoek sal eindelik na die provinsiale en nasionale panele oor nadelige voorvalle ná inenting gestuur word. Dié panele bestaan ​​uit mediese kundiges.

Sou daar vasgestel kon word dat die entstof tot die pasiënt se dood gelei het, blyk dit ’n geïsoleerde geval te wees. Meer as 3 miljoen mense (3 024 313) in Thailand is volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) reeds teen Covid-19 ingeënt.

Maroela Media het vroeër berig oor isoleerde voorvalle waar pasiënte van ander lande bloedklonte ontwikkel het nadat hulle die entstof ontvang het. Dié pasiënte het egter AstraZeneca se Covid-19-entstof ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Wakkerslaper ·

Ag asseblief! Hoeveel MILJOENE 32-jarige mense is al ingeënt het net mooi NIKS oorgekom nie? Tipies media, ruk die dam onder die eend uit. Dink julle nou regtig hoogs aangeskrewe maatskappy soos Johnson & Johnson, Pfizer ens. sal entstowwe goedkeur en vrystel as hulle weet dit werk nie of hou bo gemiddelde gesondheids risiko’s in vir mense? Word wakker man en hou op “conspiracy theories” glo. Dit is die jaar 2021…. nie die donker eeue nie.

RB ·

Wakkerslaper, jy het vreeslik baie te sê ten gunste van die spuit (niè entstof).

Jy is bàie welkom om sommer myne ook te kry met rente!!

MakersMark ·

Baie gevaarliker is al die domastrantes met hul sameswerings teorieë.

Francois Le Cochon ·

Tans onder bespreking is die moontlikheid dat skole nie kinders in die toekoms gaan toelaat indien die ouers nie kan bewys dat die hele gesin ingeeint is nie, Wat gaan jy dan doen?

Fritz ·

Tuisonderrig dalk? Iemand sal wel sulke vereistes tot in die grondwethof beveg.

Francois Le Cochon ·

Fritz, tans neem skole nie leerders in wat nie ingeent is teen polio, masels, pokke…… Niemand is nog Grondwet hof toe nie.

MakersMark ·

Dankie vir daai een. En dan stry hul oor snert wat al reeds dekades lank in plek is. Hoop alle instellings van lugvaart tot skole reik ‘n “inentingspaspoort” uit wat natuurlik die wat weier om ingeënt te word se lewe bietjie moeiliker sal maak.

Wakkerslaper ·

Ilze, dan moet jy en jou gesin ook GEEN mediese hulp ontvang sou julle C-19 kry nie. Dit is net regverdig.

Danie ·

Nou spring almal op die “dis die entstof wat haar dood gemaak het” bus. Ai mense, wag tog net dat die nadoodse ondersoek gedoen is om die oorsaak van haar dood te bepaal voordat al die doem profete hulle uitlatings maak.

tweeling ·

Vandag se beterwetende mens weet natuurlik hoe die liggaam gereageer het, hoeveel mense dood gegaan het en siek geword het toe die eerste griep inentings gedoen is.

Wakkerslaper ·

Robert, daar is DEKADES se navorsing gedoen wat MASSAS data opgelewer het oor in-entings. Dink jy nou regtig die mensdom is so onnosel om iets te doen wat nie werk nie of abnormale hoë risiko inhou?

tweeling ·

Niemand het gesê die mensdom is onnosel om iets te doen wat nie werk nie. My kommentaar is gerig op die beterwetende (sarkasties gestel) mense wat inenting afskiet omrede daar ‘n paar negatiewe gevalle is. Daar sal altyd die uitskieter gevalle wees. Ek is ‘n navorser van biochemie al vir 30 jaar so ek dink ek weet waarvan ek praat. So lees weer die berig en mense se kommentaar en dan antwoord jy weer.

Wakkerslaper ·

Jammer Robert, besef nou eers jou kommentaar was tong in die kies. Dankie tog daar is genoeg geleerde mense soos jy op Aarde, anders het die mensdom seker nou nog siekte pandemies met knoffel en beet probeer beveg.

koos10 ·

Entstof se oorsaak of nie, ek vertrou geen entstof wat binne 6 maande ontwikkel is (nogal 5 of 6 verskillendes) en nog geen langtermyn toetse gedoen is nie. Ek is oortuig dat die mense wat die entstof gegee word, proefkonyne is, om te sien watter een gaan werk en wat die langer termyn se gevolge gaan wees. Gelukkig is SA so stadig met die inentings dat by die tyd as ek daarvoor kwalifiseer die lang termyn gevolge reeds bekend sal wees.

Irma ·

Jy is inderdaad reg wanneer jy se dat die mense vir wie die entstowwe gegee word proefkonyne is (hierdie entstowwe is “experimental) Ek is geen farmaseutiese maatskappy se proefkonyn nie. Ek sal my nie laat inent met ‘n entstof wat nie goed nagevors is en wat nie met alle 100% sekerheid kan voorkom dat ‘n mens Covid 19 kan opdoen nie.

Wakkerslaper ·

Waar val julle uit? Hierdie metode van entstof toediening word al DEKADES lank nagevors en getoets. En omdat die entstof op mRNA gebasseer is, kan dit aansienlik vinniger ontwikkel en geproduseer word. Probeer net ‘n bietjie logika gebruik – dink julle nou REGTIG erkende maatskappy soos Johnson & Johnson, Pfizer, AstraZeneca ens. of lande se regerings sal DOELBEWUS miljoene der miljoene mense se lewens in gevaar stel? Waarom sou hulle so iets doen? Dit maak mos geen sin nie?

Mieke ·

En presies daarom sal ek nie die vaksiene kry nie. Met’n baie klein persentasie was eintlik sterf sal ek eerder my kans waag met natuurlike medisyne….
Daar is geen studies oor die lsngtermyn effek van die vaksienes gedoen nie – hoekom moet ek ‘n menslike toets bron word??

Genis ·

Hoe vra die een muis die ander? Muis 1: Het jy al die entstof geneem? Muis 2: Nee hulle toets dit nog op die mense..

Wakkerslaper ·

MM, kan julle asb noem dat Thailand reeds meer as 3 MILJOEN entstof dosisse toegedien het sonder ‘n beduidende aantal sterftes wat daaraan gekoppel kon word.

tweeling ·

Daar is te veel mense wat hulle aan die media steur, jy sal hulle nie kan oortuig om die “jab” te neem nie. Dink maar aan die flieks wat gemaak word spinnekoppe, miere, vleisetende bakteriee ens, dit word alles uit verband geruk maar daar is genoeg mense wat so beinvloed word dat hulle met ‘n vrees vir die res van hulle lewe rondloop.

Wakkerslaper ·

Net so Robert. Ongelukkig leef ons tans in ‘n era van vals inligting en disinformasie waar die media en simpel sosiale platforms meer gesag as goeie, ordentlike wetenskap het…. sug!

Pieter ·

Elkeen vir homself – my 2c – Daar gaan miljoene mense dood aan Covid en mense glo steeds nie aan die enigste regtige oplossing wat die virus gaan stuit nie. Hoe ironies. Paar probleempies soos verwag met die entsowewe – dis normaal. Die dag as mense Covid kry en snak na hulle asem, sal hulle besef – “Ek moes liewers die entstof geneem het. Daar is al meer as 1,2 Biljoen mense ingeent en daar is uiters min probleme. So, ek en my gesin sal my kanse neem soos enige ander entsof – dit is wetenskaplik getoets en werk !!!

MakersMark ·

Ek stem saam, ongelukkig lyk dit of ons die minderheid is tussen baie wat nog in middeleeuse sameswerings teorieë glo en eerder ontwurmings middels sal neem as die beste mediese nagevorsde oplossings. Almal bang dit verander hul dna. Hoe absurd.

MakersMark ·

Daar is reeds wêreldwyd 1.95 biljoen dosisse CV19 inentings gedoen. Hier is een geval waar iemand iets oorgekom het. Opnames toon 43% afrikaans sprekendes is teen die inenting gekant. Vir verskeie sinister redes. Dis elkeen se reg om te besluit of hul dit sal neem of nie. Edward Jenner het in 1796 die eerste inenting teen pokke in England gedoen, wat suksesvol was. Uit sy werk het menige inentings gelei en hy word beskou as die “vader van immuunologie”. Sy werk het oor die eeue meer lewens gered as die van enige ander mens in die geskiedenis. So inentings is al 225 jr met ons en baie wat hier so aangaan oor die CV19 inenting is reeds waarskynlik ingeënt vir veelvuldige ander siektes insluitende pokke. Laat my soms wonder oor die denkwyse en/kennis, maar soms ook hoe vinnig afrikaans sprekendes glo in sameswerings teorieë.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.