‘The Brady Bunch’ se ma sterf

The Brady Bunch

The Brady Bunch

Florence Henderson, die aktrise wat Carol Brady, die altyd-vrolike ma in die televisiereeks “The Brady Bunch” gespeel het, is oorlede.

Henderson is Donderdag in die ouderdom van 82 oorlede. Haar bestuurder, Kayla Pressman, het gesê Henderson was omring deur haar familie en vriende.

Sy is Donderdagaand by Cedars-Sinai-hospitaal in Los Angeles oorlede nadat sy die dag tevore opgeneem is. Sy het hartversaking gehad.

Henderson was ʼn Broadway-ster voor sy ʼn televisie-ikoon geword het met dié heilsame gesinsprogram. Miljoene kykers het ingeskakel om na die onskuldige sitkom oor ʼn saamgestelde gesin te kyk.

“The Brady Bunch” se eerste episode is in 1969 uitgesaai en dit het gereeld in verskeie gedaantes teruggekeer soos “The Brady Bunch Hour” in 1977, “The Brady Brides” in 1981 en “The Bradys” in 1990.

Henderson is met die teaterhoof Ira Bernstein getroud en vier kinders is uit die huwelik gebore voor hulle ná 29 jaar geskei het. Haar tweede man, John Kappas, is in 2002 oorlede.

Sy word oorleef deur haar kinders Barbara, Joseph, Robert en Lizzie, hul onderskeie eggenote en vyf kleinkinders.


ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Nico ·

Ek is seker agter die klip. Nooit so program op TV gesien nie.

Cornelia ·

1978 en later. Sy was n goeie aktrise.
Behalwe vir “botox”, lyk sy soos n ware Lady met class!!

henda ·

sy was n pragtige aktrise en as jong mens was ons mal oor die brady bunch dink nou met heimwee terug aan daai dae

jaco ·

toe die show in 1976 op SA TV gewys het, was die vreemdste daarvan vir my die feit dat n wit vrou by hulle in die huis gewerk het.

LB S ·

Dit was destyds een van my gunsteling tv reekse, bygesê dit was aan die begin van “televisie” in SA. Net soos Bill Cosby Show, dit net so geniet, nooit geweet wat gaan aan agter die skerms nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.