Theo-Ben Gurirab van Namibië oorlede

Theo-Ben Gurirab (2010) (Foto: Joseph Nekaya NAMPA)

Theo-Ben Gurirab, voormalige eerste minister van Namibië, is in die ouderdom van 80 oorlede.

Hy het Saterdagmiddag omstreeks 12:00 in ʼn Mediclinic- privaat hospitaal in Windhoek gesterf ná ʼn kort siekbed. Die voormalige speaker van die nasionale vergadering in Namibië is drie dae gelede in die hospitaal opgeneem, het Tsudao Gurirab, ʼn familielid, bevestig.

Voormalige Namibiese president Sam Nujoma en voormalige eerste minister Nahas Angula was ʼn paar van die persone wat gister reeds hul meegevoel met die familie betoon het by die Gurirab-huis in Windhoek.

Gurirab was ook Swapo se sekretaris vir buitelandse sake van 1986 – 1990 en het ʼn groot rol gespeel in die land se vryheidstryd. Hy was minister van buitelandse sake sedert Namibië se onafhanklikheidwording van 1990 tot 2002 en het daarna as eerste minister begin dien. Hy het in dié amp gedien tot 2005 en het daarna as speaker van die nasionale vergadering oorgeneem tot 2015.

Hy was ook vir 14 jaar Swapo se hoofverteenwoordiger in die Verenigde Nasies. Oor 35 jaar lank het hy met meer as drie generasies van wêreldleiers van vyf sekretarisse-generaal van die Verenigde Nasies gewerk.

Hy word oorleef deur sy vrou Joan Guriras en twee seuns.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

John ·

Dis sowaar nuus… en soveel ander dinge gaan aan in die wereld… met lewendige mense.

Tollies ·

Innige meegevoel met sy vrou en kinders insluitende kleinkinder , Hy was n goeie Minister
rus in vrede.

Ellisras ·

Hy was ‘n goeie leier. Het maar soos die meeste meer na die noorde van die land omgesien. En minder na die Suide.

Hanlie ·

‘n Nederige en vriendelike mens. Ek het die voorreg gehad om hom te ontmoet (baie jare terug). Innige meegevoel aan sy vrou en kinders.

Jip ·

Goeie nederige mens en leier. Dit is nuus, hy was ten minste vir meeste SA leiers ‘n goeie voorbeeld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.