“Thor se hamer” ontdek

“Thor se hamer” Foto: Nasionale Museum van Denemarke

“Thor se hamer” Foto: Nasionale Museum van Denemarke

‘n Klein bronshamertjie van 1 100 jaar oud, is op die Deense eiland Lolland ontdek, wat blyk ‘n simboliese weergawe van Thor se legendariese hamer, Mjölnir, te wees, wat as gelukbringer gedra is.

Daar is reeds meer as ‘n duisend van hierdie beeldjies in Noord-Europa ontdek, maar hierdie een is uniek omdat dit ‘n piepklein inskripsie in die Noormanne se runeskrif bevat wat bevestig dat dit ‘n hamer is. Hierdie hamer dateer uit ‘n periode toe die Vikings gekersten is. Terwyl die Noormanne geredelik na die Christendom oorgeskakel het, en hul afgode die rug toegekeer het, het Thor nog lank ‘n besondere rol gespeel. Thor was nie net die dondergod (na wie Donderdag vernoem is nie), maar ook die god vir seisoene en die landbou.

In hierdie oorgangtydperk is die hamer-beeldjie en die Christelike kruis dikwels saam gedra om dubbel seker te maak dat onheile die eienaar daarvan nie oorval nie.

"Thor en sy hamer" Grafika: Wikimedia

“Thor en sy hamer” Grafika: Wikimedia

Hoewel die persoon wat die inskripsie aangebring het, besonder knap moes wees om dit in so ‘n klein spasie in te pas, het sy spelling hom effens in die steek gelaat. In plaas van “Hamar”, het die persoon slegs “Hmar” geskryf. Die volledige inskripsie lees “Hmar x is” [dit is ʼn hamer].

Daar is tekens dat die oorspronklike bronshamertjie met tin, en selfs goud oorgetrek is.

Die volledige artikel in die Past Horizons kan hier gelees word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.