Tien persone in Mosambiek onthoof

Mosambiekse vlag (Foto: Pixabay)

Tien persone, insluitend kinders, is die afgelope naweek in ‘n dorpie in die noorde van Mosambiek onthoof, vermoedelik deur Moslems.

Die polisie in Mosambiek sal na verwagting meer inligting tydens ‘n perskonferensie bekend maak ná die voorval in Monjane, ‘n klein dorpie wat gereed maak om die land se nuwe vervaardiger van natuurlike gasse te wees in die Cabo Delgado-provinsie, het AFP berig.

Die dorpie is naby Palma geleë.

“Ons het van die tragedie te hore gekom,” het David Machimbuko, administrateur van Palma, gesê.

‘n Plaaslike inwoner het die aanval op Islamiete blameer.

Mosambiek se openbare uitsaaier het ook die aanval bevestig en gesê “10 persone is onthoof” in die Palma-gebied. Een van die slagoffers was die leier van Monjane, aldus een van die plaaslike inwoners. Die aanvallers het glo die leier geteiken, omdat hy inligting aan die polisie verskaf het oor die ligging van die gewapende groep, Al Shabaab.

Islamiete het sedert Oktober verskeie aanvalle geloods in Cabo Delgado. Al Shabaab was vermoedelik aanspreeklik vir ‘n dodelike aanval in Oktober verlede jaar op ‘n polisiestasie en weermagbasis in Mocimboa da Praia. Twee polisiebeamptes en 14 aanvallers is dood. In die daaropvolgende paar weke is minstens 300 Moslems in hegtenis geneem en verskeie moskees is gedwing om te sluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Sune van Heerden ·

Dagsê Vicky

Dit verwys na die daaropvolgende paar weke ná Oktober verlede jaar.
Ons wysig die berig om dit duideliker te stel.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

thinus ·

SA sit regop, word wakker, Islam wil alles – die hele wereld – oorheers. Dit is hul godsdiens en hul wyk nie ‘n duim daarvan af nie. Verwag SA is in hul versier want hier is baie geld, baie grondstowwe en min wat hulle gaan keer.
Natuurlik ook baie jong maagdelike bruide vir hulle!

Koos ·

Jy is reg, dan het Suid Afrika ook nou teen Irael gedraai en omhels die moslems!

PJC ·

Verbeel ek my of beweeg die moslem ekstremiste al verder suid in Afrika. Binnekort is hulle ook by ons bedrywig.

Laaankal ·

Nee PJC – hulle is laaankal by ons bedrywig en die ergste van alles is dat ons hulle planne daagliks finansier. Het jy al gesien hoeveel produkte is halaal? Daar is interessante video wat nou die rondte doen – dit gee hulle slegs in Suid-Afrika ‘n jaarlikse inkomste van R 40 biljoen wat al hulle planne mooi subsideer. Die minderheidsgroep van Indiërs het meer verteenwoordiging in ons parlement as Blankes. Met al daai geld het hulle genoeg kapitaal om al die groot besighede oor te koop en hulle embleem daarop te plaas wat hulle inkomste verder finansier.

Koos de Meyer. ·

Ja ‘n terroris is soos hierdie klein miertjies. No. 1 hulle kom op enige plek onverwags uit. Maak jy hom hier dood kom hy net weer op ‘n ander plek uit. Hulle sal moet wakker word in hierdie land van ons.

Nouja ·

Ek onthou ‘n boek in die 1970’s deur iemand geskryf wat SA gewaarsku het dat dit wat Rhodesië destyds beleef het ook eendag hier sal gebeur. Rhodesië en Zimbabwe en die ou en nuwe SA het gekom en gegaan, maar die titel van daardie boek bly my nog altyd by:
“Die vuur brand al nader”
Destyds het ek nie eers geweet daar was iets soos Islam nie, laat staan nog nutcase fundamentaliste. Wel, daardie skrywer se demone waarteen hy gewaarsku het is lankal hier. Daar is nou ‘n nuwe lot waansinniges op pad. Ja, die vuur brand nader.

Jacobus ·

Suid Afrika het reeds ‘n groot groep moslem immigrante wettig en onwettig wat woonagtig is in die land wat Sharia en die terroriste organisasies soos Al Shabaab aanhang.

Daar moet veral onthou word dat daar baie Amerikaanse en Europese teikens in Suid Afrika is; dink aan McDonald’s, KFC, Starbucks, hotel groepe, lugrederye, ambasades, toeriste, ens. en SA teikens soos Koeberg en Phelindaba wat hulle met gemak sal kan aanval as ‘n groep of as die spreekwoordelike “Lone Wolf” soos wat reeds in Europa en elders gebeur.

Met die probleme wat in die Sekuriteit dienste plaaslik ondervind word en al die wat kriminele rekords het, sal hulle maklik hulp kan kry en kan omkoop om toegang te kry tot die nodige inligting en beskerming om so ‘n aanval te loods.

Sal Suid Afrika en sy mense reg wees vir so ‘n aanval, sal ons dit kan afweer, sal ons die gevolge kan dra, sal ons die skuldige organisasie(s) aan die pen kan laat ry en sal ons kan herstel van die internasionale wantroue wat daar sal heers of Suid Afrika ‘n veilige land vir toeriste en besigheid kan wees; tyd sal ons leer en tot dusver het ons die spreekwoordelike “bullet ge-dodge”.

Laat ons hoop ons word nooit ‘n teiken en dat die goeie sekuriteit personeel in die Polisie, SSA en burgerregte organisasies ons altyd kan beskerm.

Henk du Toit ·

Suid Afrika is ry; om gepluk te word deur die ekstremistiese Moslems. Daar is Al Kaida opleiding sentrums in ons land en daar word ongehinderd werwing gedoen vir die kalifaat in die Midde Ooste. Daar is al n man doodgeskiet deur die Amerikaanse magte wie ‘n SA Id gehad en uitgeken is as ‘n SA burger. Hulle is al lankal hier. Ek was deel van die SAPS duikspan wie die oorskot gesoek het van n persoon wie ontvoer is vir n losprys (Finansiering vir Islamietiese tereurgroepe) en vermoor is in Clocolan en dit is al nege jaar terug. So wie dink julle gaan ons beskerm? Ons trotse SA weermag wie nog met pre-1994 Apartheids weermag voertuie rondry en gewapen is met gewere uit daardie bedeling? Zero innovasie. Die Polisie dalk? Oeps neeeee, die intelligensie dienste baklei so onder mekaar dat die een blinde muis die ander moet lei. Lees gerus die boek ;”The Ministry of Crime” Insiggewend om te weet waarmee hulle hulle besig hou. Jou en my veiligheid is nou nie eintlik eerste prioriteit nie. “Julle christene veg om te bly lewe, ons veg tot die dood om te sterf vir ons geloof. So moet asseblief nie dink die vuur kom nader nie, hy brand al klaar. Lui die aanval op die moskee in Phoenix naby Durban dalk vir jou die ontbyt klokkie? Word wakker mense julle is uitgelewer!

Jacobus ·

Henk, stem saam en verskil in sekere opsigte met u;

Stem Saam oor;

1) Die ANC se nou bande met Hezbollah, Hamas, Fataḥ/PLO en soortgelyke terroristiese organisasies laat Suid Afrika oop as opleiding sentrum met meegaande gevolge.
2) Moslem Suid Afrikaners en onwettige immigrante/vlugtelinge van lande soos Somalië ens. is betrokke by ISIS, Al Qaeda, Al Shabaab ens. dit is ‘n feit as gevolg van hulle misplaaste geloofsoortuiging soos versprei deur radikale Imans.
3) Die Polisie en Suid Afrikaanse Geheime Diens is vol kriminele maar daar is menigte uitsonderings van 1000’s hardwerkende beamptes.
3) Politici veral ANC; wel die verlede spreek boekdele.

Verskil oor;

1) ‘n Weermag het nie gevorderde toerusting nodig nie, onthou die COIN operasies van die ou SAW.
2) Innovasie miskien; spesifiek waarna word verwys, is dit opleiding, wapens of tegnologie.

Ons moet onthou dat ons hier met ‘n ideologie te doen het en nie ‘n konvensionele gewapende mag nie.

Oor die algemeen is daar ‘n aanslag maar met behoorlike beplanning, koördinering en opleiding sal die euwel die hoof gebied kan word.

Rissiepit ·

Soveel produkte in S.A. is halaal. Ek lees in die Rapport ´n lang ruk terug dat bv. Pick-a-Pay altyd ook ander produk opsies bied wat nie halaal is nie. Wel, nie werklik nie. Ek staan voor die suiker rak. Alles halaal. Ek staan voor die speserye. Alles halaal. Melk…net 1 is nie halaal nie (en dit is nie goedkoopste een nie) Margarine…jy gaan lank soek. Souse…net Denny bied jou ´n alternatief. Dit is moeilik vir iemand wat geen halaal produkte wil koop nie. Soms is die halaal tekentjie so klein op die produk gedruk, die meeste mense neem dit nie eens waar nie. Presies hoeveel geld gee Christene elke dag vrywillig aan die Halaal-stigting elke dag?

Jacobus ·

Miskien moet die Christelike Kerke en hul ledemate begin opstaan, maar ek sien dit nie gebeur nie, almal is deesdae te polities korrek; wil tog niemand in die gesig vat of verkleineer en glo nog steeds dat die staat en kerk geskei moet word anders as die moslems wat glo dat alles onderhewig is aan Islam.

Die Grondwet word ook gebruik om Christene te na te kom in Suid Afrika.

Ons as Christene is verantwoordelik vir ons eie ondergang niemand anders kan blameer word.

Christa J ·

Lidmate van kerke veg so hul eie (daaglikse) oorlewingstryd dat min nog die emosionele energie oorhet vir iets soos “kom ons boikot halaal produkte”. Dalk is ek verkeerd, wie sal weet hoe belangrik dit vir ons elkeen is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.