Tienduisende betoog teen verpligte inenting in Oostenryk

Skermgreep uit die video

Volgens die polisie het sowat 44 000 mense Saterdag in Wene in Oostenryk betoog teen verpligte Covid-19-inentings en inperkingsbevele vir diegene wat nog nie ingeënt is nie.

Dit is die jongste in ʼn rits naweekbetogings sedert Oostenryk verlede maand die eerste EU-land geword het om te sê hy gaan inentings verpligtend maak.

ʼn Gedeeltelike inperking sedert verlede maand kom Sondag tot ʼn einde vir diegene wat ingeënt is, maar diegene wat nog nie die vereiste dosisse ontvang het nie, sal by die huis moet bly.

“Sê nee vir entstof-fascisme,” lui een betoger se plakkaat. “Ek is nie ʼn neo-Nazi of ʼn boef nie,” sê ʼn ander. “Ek baklei vir vryheid en teen die entstof.”

Inentings sal vanaf Februarie verpligtend wees vir alle inwoners ouer as 14, buiten in die geval van ʼn kwytskelding vir gesondheidsredes. Niemand sal onder dwang ingeënt word nie, het die regering gesê, maar diegene wat nie ingeënt wil word nie, sal aanvanklik ʼn boete van €600 (meer as R10 000) moet betaal, wat dan kan toeneem tot €3 600 (sowat R65 000) indien die boete nie vereffen word nie.

Manuela (47) sê sy het van ver af gereis om aan die betoging deel te neem. “Hoekom moet diegene wat nie ingeënt is nie – veral kinders – uitgesluit word?” sê die werkende ma. Sy is ingeënt, maar sy wou nie haar van gee nie. “Dit is ongelooflike diskriminasie om nie jou kind na sy of haar dansklas of tennisklas of swemklas te kan stuur nie.”

Analea (44), ʼn viool-afrigter wat ook nie haar van wou gee nie, sê “hierdie is nie die rigting wat demokrasie moet inslaan nie”. “Ons kan verskillende menings en waardes hê, maar ons moet steeds vrylik kan saamleef.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Christine ·

Ja, ek stem saam, want iemand moet die balls hê om vir vryheid te veg teen hierdie drakoniese Nazi-reëls.

bobmartin ·

Entstof-fascisme staan seker die jaar die by kersboom en lig hul hand in die lug voor hul entstof geskenk on die die kersboom.

Quito ·

So lyk ‘n betoging in ‘n 1ste wêreldland.
Hoe dink ons gaan dit in SA lyk?
Vredevol? Ek twyfel.

Marius ·

Dit is niks anders as onderdrukking en die onteiening van mense regte nie.

Johan ·

Dalk is diè die piek van die “liberale” beweging wat ons nou sien afkom. Liberaliste is ironies die wat die meeste skree vir regulasies en vryheid beperking. Ons gaan harder ons regerings moet veg anders weet ek nie waar gaan ons dit stop nie…en wanneer. In SA bevraagteken ons nie eers meer die ou verpligte maskertjies nie, wat se wrede absurditeit is volgende in ons wetboeke. Soos ou Angelique anderdag verklap het “as dit kom by die mediese regulasies het julle geen regte nie” en dit op nationale radio.

Christine ·

Die liberale wat so kastig staan vir vryheid, het nou nie die balls om vir die eerste keer wat dit regtig saakmaak, op te staan daarvoor nie.

Oomniklaassevriend ·

Dit is die neiging wêreldwyd. Frankryk is nou al besig met die 22e naweek van protes en selfs passiewe lande soos Australië betoog.

Jeepie ·

Ja well, no fine. Dink dit gaan by ons ook nog gebeur. As hierdie syfers nog styg en meer mense word uit die ekonomie gehaal agv siekte, dan gaan daar verpligte inentings kom. Soos wat baie groot besighede reeds doen. Mens kan nie ‘n besigheid bestuur met mense wat die hele tyd op siek verlof is nie. Ek dink ons gaan nog baie groot besighede sien wat inentings gaan verpligtent maak. Die regering Sal seker niks doen nie.

VaalDonkie ·

Met ander woorde jy reken die ANC is meer pro-grondwet as wat ons besighede is? Dis nou die tipe ding wat net in 2021 kon gebeur!

Cherokee ·

Ek blameer nie die Sjinese,
want 2000 jaar voor dit gebeur het,
was dit geskryf dat dit sal gebeur.

Dirk Mostert ·

Jy lees dit verkeerd. Die plandemie het in china begin. Lees Openbaring vir die voorspelling.

Dirk Mostert ·

Mooi so Oostenrykers en Grieke! Op nou Fransmanne! Sit Micron weer ‘n slag op sy plek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.