Tiener dood nadat sandtonnel ineenstort

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Joshua Sukoff/Unsplash)

Owerhede in die Amerikaanse deelstaat Utah sê ʼn 13-jarige is die afgelope naweek dood nadat ʼn tonnel, wat hy glo in ʼn sandduin gegrawe het, met hom steeds daar binne ineengestort het.

Die voorval het Saterdag net ná 17:30 buite ʼn kampterrein by die Coral Pink Sand Dune- nasionale park plaasgevind, berig CBS.

Die tiener het na bewering ʼn tonnel in een van die sandduine gegrawe toe die sand meegegee het.

ʼn Familielid het die ineenstorting sien gebeur en personeel van die park het dadelik ingespring om te help en die seun uitgegrawe. Die plaaslike sheriff en lede van die Kane County het ook met grawe opgedaag.

Ian Spendlove, oorspronklik van Santa Clara in Utah, was ná 20 minute reeds meer as twee meter onder die sand begrawe.

Nadat paramedici bevestig het dat die seun ʼn polsslag het, is hy na ʼn hospitaal in St. George gevlieg en daarna na Salt Lake City geneem.

Teen Sondag het hy egter nie breinfunksie herwin nie en is hy dood verklaar.

“Die Utah-afdeling van die nasionale parke betuig ons medelye met Ian se vriende en familie wat deur hierdie tragedie geraak is,” het owerhede gesê.

“Die voorval word steeds ondersoek.”

Die betrokke nasionale park is in die suidweste van Utah naby die Arizona-grens geleë. Dié park spog met uniek gekleurde sandduine wat van Navajo-sandsteen afkomstig is.

Tussen 1985 en 2007 het minstens 20 kinders en jong volwassenes in die hele VSA gesterf nadat hulle onder sand begrawe is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

E ·

Seuns tussen 10-14 is die hoogste risiko om in ongelukke om te kom of beseer te raak terwyl hulle avontuur soek, soos hierdie voorval en ook verdrinking. Hulle wil alles probeer en uit toets. Soos jy se ouers moet BAIE toesig en lyding dan gee.

Gerhard ·

E ek stem saam, kinders raak waaghalsig en vat kanse. Saam met ouers wat wat nie betrokke is of hul kinders net aan hul eie genade oorlaat het jy n gevaarlike resep. (Ek se nie dat dit is wat hier gebeur het nie. Ons het te min feite om te beskuldig.)

AH ·

Kinders in daardie ouderdomsgroep luister nie graag na goeie raad nie. Ongelukkig is dit partykeer juis die “moenie” wat hulle uitdaag om die perke te oorskry….

Marius ·

Ongelukke gebeur. Kinders doen nie altyd wat ouers sê nie.

Waarnemer ·

Ouers met jong kinders….NEEM KENNIS HIERVAN!!!Alle kinders is geneig om gate in grond te grawe en tonnrlls te grou,dit is lekker maar SO GEVAARLIK.

Frank John ·

Daar behoort reëls en waarskuwings borde op gesit te word wat mense en kinders waarsku en belet om daar te speel en tonnels te grawe.

Gerhard ·

n mens verwag n vlak van “common sense” van n mens. Mens kan nie by elke moontlike gevaar adverteer dat dit n gevaar is nie. n vergelyk is om te verwag dat mense n waarksuwings bord by hul privaat swembaddens op hul erf moet opsit wat se jy kan hier verdrink.

Dries ·

Kinders is kinders. Dit is n fratsongeluk.
Simpatie met die familie.

Mariaan ·

Sjoe hoe tragies! Baie jare gelede het n seun ook by Margate so omgekom..dit was hartverskeurend!! Arme ouers..ai mens verwag mos nou nie so iets nie..my innige simpatie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.