Tiener geskiet ná hy verkeerde deurklokkie lui

Ralph Paul Yarl (Foto: Twitter)

’n 85-jarige Amerikaanse man word nou wel strafregtelik aangekla nadat hy na bewering ’n tiener geskiet het toe dié per ongeluk sy deurklokkie gelui het.

Die nuus oor die bejaarde Andrew Lester se vervolging volg nadat dit onlangs bekend geword het dat hy aanvanklik nie aangekla is nie en ná 24 uur in aanhouding vrygelaat is.

Dié nuus het ’n herrie in die Amerikaanse deelstaat Missouri ontketen.

Ralph Paul Yarl (16) is verlede Donderdagaand in ʼn bedenklike toestand in ’n hospitaal opgeneem nadat Lester hom na bewering twee keer, waarvan een keer in die kop, geskiet het.

Yarl, ’n swart seun, is die betrokke aand geskiet nadat hy sy tweelingboeties by ʼn vriend se huis in Kansas City moes oplaai en Lester, ’n wit man, se deurklokkie verkeerdelik gelui het.

Stacey Graves, plaaslike polisiehoof, het Sondagaand tydens ʼn mediakonferensie gesê inligting het kort ná die skietery daarop gedui dat die skietery nié rasgedrewe was nie.

“Maar as ʼn polisiehoof erken ek wel die ras-elemente van hierdie saak. Ek erken en verstaan ​​wel die gemeenskap se kommer,” het Graves gesê.

Lester word nou aangekla van aanranding en gewapende kriminele optrede.

Sy borgtog is op $200 000 (sowat R3,6 miljoen) vasgestel.

Verkeerde oprit eindig óók in skietery

Strafregtelike aanklagte is ook Maandag in ʼn soortgelyke saak in die staat New York aanhangig gemaak. Die slagoffer van dié skietery het dit egter nie oorleef nie.

Die New Yorkse polisie sê ʼn 20-jarige vrou, geïdentifiseer as Kaylin Gillis, is Saterdagaand deur ʼn huiseienaar doodgeskiet toe sy saam met drie ander mense by die verkeerde adres opgedaag het in ʼn soeke na ʼn vriend se huis.

“Terwyl hulle erf huis verlaat het nadat hulle vasgestel het dat hulle by die verkeerde adres was, het die [huiseienaar] om watter rede ook al op sy stoep uitgekom en twee skote afgevuur, waarvan een die voertuig getref het waarin Kaylin was,” sê Jeffrey Murphy, sheriff van Washington County, waar die skietery plaasgevind het.

Die 65-jarige huiseienaar is Maandag in hegtenis geneem en van moord met voorbedagte rade aangekla.

Vier mense is boonop Saterdag in die Amerikaanse deelstaat Alabama doodgeskiet en minstens 28 ander, meestal tieners, gewond tydens ’n skietery by ʼn verjaardagpartytjie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Iwan ·

Snaaks. Die SA rugby speler wat ook daai kant dood gekiet is was ook per ongeluk by verkeerde huis sonder dat geweet het?

Tubac ·

Ek betwyfel dit ten sterkse. Hoekom het hy die polisie te lyf gegaan? Dit wit poeier het blybaar n groot rol gespeel. Die familie het erg tekere gegaan maar die feite vertel n ander storie. Eensklaps is hulle tjoepstil!

Jean ·

Amerika se “private property” wet werk baie anders as SA sin.

Vriendelike Frikkie ·

Ja, in sommige deelstate hoef jy nie eers koekies en tee aan te bied vir ‘n oortreder nie. As hy jou perseel betree mag jy maksimum geweld gebruik. Hulle verwys na die “Castle doctrine” of “Make my day” wet.

Wielspore ·

Amerikaanse sentiment, my house, my car, my school, my town…. teen die tyd dat die mense met daardie sentiment aftree is hulle vervelig by die huis en patroleer “my house” met ‘n vuurwapen. Hulle is trigger happy, mengs orals in (Karen and Karen’s husband)

George ·

Hoe meng hy in, in sy eie huis, na die ou sy huis binne gekom het sonder toestemming? Hy was in sy reg.

Dirk ·

Daar is geen bewyse dat die kind in daardie man se huis was nie.

Vonny ·

In SA het ons nie meer klokkies.
Te veel Bob wire en elektriese heinings verhoed dit.

Daar is by hul slegs n klokkie. …..
En n Gun!
Top Gun

Ansie ·

Wat op aarde besiel mense om sommer net op ander te skiet? As dit nie rasgedrewe was nie, wat was dit dan?

Marthinus W ·

Daar is twee groot probleme in Amerika: die sogenaamde “stand your ground”-wet, en “scaremongering”. Ons weet nou van scaremongering, nadat Blinken en ander ons begin waarsku teen sogenaamde “terroriste aanvalle”. Hulle maak die burgers bang [veral met die “the Russians are coming, the Russians are coming” en kommunisme], om hulle te kan beheer. Na dekades daarvan, begin die mense se koppe uithaak. Trayvvon Martin en menige ander swartmens is eenvoudig doodgeskiet deur wittes wat vrekbang is, en dadelik n wapen uitpluk, denkende dat hierdie siek wet hulle kan beskerm.

George ·

Stem glad nie saam nie. Gaan kyk bietjie ook hoeveel ander rasse doodgeskiet word. Die jong man het sy huis binne gegaan sonder toestemming, die oom is 84, dink jy nie hy het hom self boeglam geskrik toe hy weer kyk en hier staan n vreemde BINNE sy huis nie? Hyt nie geweet of daar dalk nog 4 ander is nie.

Dirk ·

Daar is geen bewyse dat die kind binne daai man se huis was nie. Amerika het ‘n groot probleem met hoe vuurwapens maklik kan gekoop word sonder dat daar mooi gekyk word na die persoon.

George ·

Gaan lees berigte verder as MM, veral die amerikaanse berigte. Dit is deel van die amerikaner se reg om vuurwapens te besit, ek stem nie saam met dit nie, maar dit is nou maar so. As talle skoolskieterye dit nie gaan verbeter nie, gaan die insident beslis nie. Daar was onlangs nog so insident waar 4 blankes in die driveway doodgeskiet is omdat hulle omgedraai het. Dit word nie so wyd en suid versprei nie.

Lillian ·

Nee jong lyk my dinge gaan rof daar, hulle skiet enige ding wat roer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.