Tiener in eie skoorsteen vasgekeer

Die brandweer het ʼn toustelsel gebruik om die tiener uit die skoorsteen te hys. (Foto: Henderson Fire Department/Facebook)

ʼn Tiener van Nevada, VSA, se poging om in haar ouerhuis te kom het skeefgeloop nadat owerhede haar uit die skoorsteen van dié huis moes red.

Volgens die brandweer in Henderson het die 18-jarige by die skoorsteen ingeklim nadat sy blykbaar uit die huis gesluit was.

Die brandweer het in ʼn Facebook-plasing bevestig dat die meisie sonder enige voorval uit die skoorsteen gered is en dat sy nie ernstige beserings opgedoen het nie.

“Brandweermanne is opgelei om in klein spasies te werk. Gelukkig kon ons die meisie binne ʼn halfuur uit die skoorsteen kry.”

Volgens People is owerhede verlede Dinsdag na die enkelverdieping huis in Henderson ontbied.

Met hul aankoms het die tiener reeds in die skoorsteen vasgesit. Sy het tot by die rookkanaal van die skoorsteen gegly waar sy eindelik vasgesit het.

Die brandweer moes ʼn toustelsel gebruik om haar los te kry en uit die skoorsteen te hys.

Sosialemediagebruikers kon nie help om dié tiener met Kersvader te vergelyk nie, maar talle ander het erken dat die voorval heelwat anders kon afgeloop het.

In 2015 is ʼn vermeende inbreker in die skoorsteen van ʼn huis in Kalifornië dood toe die eienaar ʼn vuur aangesteek het, het NBC News destyds berig. ʼn Paar jaar later moes owerhede ook ʼn 14-jarige meisie van Kalifornië uit ʼn skoorsteen red, nadat sy óók uit haar ouerhuis gesluit was.

(Foto: Henderson Fire Department/Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elinette ·

“Locked out” means “LOCKED OUT”, meisa!!! As jy nie by jou ouers se reëls gehou het en gesorg het dat jy tuis is teen huis-toemaak tyd in die aand nie, vat vir jou!!!

Belinda ·

Boeta kersfees is in December. plaas jy eers diet voor jy daar af wou klim!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.