Tiener in tjoekie ná hy regering beledig  

(Foto: pixabay)

’n Outistiese tiener van Kambodja is Maandag tot agt maande tronkstraf gevonnis nadat hy die regering glo in Telegram-boodskappe beledig het. Hy is reeds vir vier maande in aanhouding.

Die 16-jarige Kak Sovann Chhay is die seun van ʼn voormalige opposisiefiguur in dié land. Hy is in Junie in hegtenis geneem.

Die aard en inhoud van dié boodskappe is nie bekendgemaak nie.

Die Phnom Penh- munisipale hof het hom op aanklag van aanhitsing gevonnis en gesê dat hy openbare amptenare beledig het.

Sy vonnis is vir twee jaar opgeskort, maar die tiener sal na verwagting eers op 9 November vrygelaat word.

“Dit is so onregverdig teenoor my seun, want hy geen misdaad gepleeg soos die hof bevind het nie,” het Prum Chantha, die seun se ma, gesê.

Volgens Chantha het hulle egter nog nie besluit of hulle teen haar seun se skuldigbevinding gaan appelleer nie.

Die tiener se inhegtenisneming en aanhouding het ook sterk kritiek van die VN se spesiale gesant oor menseregte in Kambodja, Vitit Muntarbhorn, gelok.

Hy het die regering in September versoek om die seun vry te laat en bygevoeg dat kinders met gestremdhede volgens die beste belange van die kind hanteer moet word.

Chantha, ʼn aktivis, beweer haar seun het bloot homself en sy familie verdedig nadat hy deur mense geboelie is wat hom “die seun van ʼn verraaier” genoem het.

Sy pa, Kak Komphea, is ʼn voormalige lid van die nou ontbinde Kambodjaanse nasionale reddingsparty en is sedert Junie verlede jaar in die tronk.

Kak Komphea gaan saam met meer as 150 ander opposisiefigure verhoor word omdat hulle na bewering saamgesweer het om die regerende party, onder leiding van eerste minister Hun Sen, omver te werp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

18 Kommentare

jongste oudste gewildste
Chris dupreez

Lyk my sy naam veroorsaak maar probleme.

Sarel

Wel….SA het daremnog nie so stadium.bereik nie

Frank John

Mooi man!!!!!

Daniel

Mens het altyd iets om voor dankbaar te wees, ek is bly ek is nie ‘n naamgenoot van hom

Blomme

En toe beland hy in sy naam. Arme seun…