Tiener laat Venus weer les opsê

Coco Gauff. Foto: (AP Photo/Andy Brownbill)

Die 15-jarige Coco Gauff het die veteraan Venus Williams (39) Maandag weer laat les opsê – dié keer in die eerste ronde van die Australiese Ope-toernooi.

Dit was die jongste vrou teen die oudste vrou in vanjaar se toernooi met Gauff wat met 7-6 (5), 6-3 geseëvier het.

Gauff het verlede jaar, toe sy net 14 jaar oud was, in die eerste ronde van Wimbledon met Williams afgereken.

Die vraag was dus op almal se lippe toe die loting bekend gemaak is: Wat is die kans dat Gauff en Williams weer teen mekaar te staan kom?

Venus Williams. Foto: (AP Photo/Andy Brownbill)

“Ek was redelik geskok,” het Gauff gesê. “Ek is seker almal was redelik geskok.” Die 67ste gekeurde Gauff se senuwees het erg geknaag voor die wedstryd. “Dit was regtig moeilik. Sy het regtig goed gespeel,” het Gauff gesê oor die 55ste gekeurde Williams.

Roger Federer het intussen die Amerikaner Steve Johnson met 6-3, 6-2, 6-2 geklop.

Serena Williams het Anastasia Potapova van Rusland met 6-0, 6-3 oorrompel terwyl Naomi Osaka, die verdedigende kampioen, met 6-2, 6-4 oor die Tsjeg Marie Bouzkova geseëvier het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Humor ·

Ons sou baie graag n foto van die wenner dogtertjie Gauff wou sien, eerder as die van die verloorder.

George ·

Moes dan seker ‘n ekstra “gillende” wedstryd gewees het!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.