Tiener moet $36 miljoen opdok ná brand

Foto: Inciweb via AP

ʼn Tiener wat vuurwerk aan die brand gesteek en in ʼn dorre canyon naby Oregon in die VSA gegooi het, is beveel om $36 miljoen in skadevergoeding te betaal.

Die vuurwerk het in September verlede jaar ʼn verwoestende veldbrand tot gevolg gehad wat die Columbiarivier-canyon verswelg het.

Regter John Olson het in sy uitspraak wat vroeër vandeesweek bekend gemaak is, erken dit is onmoontlik dat die 15-jarige die volle bedrag sal kan betaal. Die tienerseun het in Februarie skuld beken op verskeie aanklagte wat met die verwoestende brand verband hou.

Hy het ʼn opgeskorte vonnis van vyf jaar ontvang en is tot 1 920 uur gemeenskapsdiens gevonnis. Hy is ook beveel om briewe te skryf aan 152 mense en om verskoning te vra nadat hulle weens die brand op ʼn staproete vasgevang was.

Foto: AP Photo/Gillian Flaccus

Die tiener se regsverteenwoordiger het aangevoer die skadevergoeding is ʼn “wrede en ongewone straf”.

Volgens die regter het die tiener egter sekere opsies om die skadevergoeding af te betaal. Olson het gesê die hof kan ʼn toesighoudende gesag magtig om ʼn betaalplan te skep. Dit is ook moontlik dat die tiener vir slegs 10 jaar terugbetalings hoef te maak indien hy voldoen aan die vereistes van sy vonnis en die betaalplan, asook geen ander oortredings begaan nie.

Die brand wat op 2 September uitgebreek het, het reuseskade aangerig en amper 20 000 ha verswelg. Die brand het bekende landbakens bedreig, honderde mense gedwing om hul huise te ontruim, hoofweë dae lank gesluit en talle huise in puin gelê. Die brand het twee maande lank gewoed.

Die tiener se identiteit word beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Niklaas ·

Laat dit vir hom ‘ n les wees. Hy sal dit nie maklik weer doen nie.

Hennie ·

Kan sulke strawwe nie in Suid Afrika gegee word nie? Onlangs was 27 trokke in Durban afgebrand, wie moet nou daardie skade betaal? Hierdie is ‘n baie toepaslike straf om ons mense in plek te kry.

tamboti ·

Daar moet na die handelaar en vervaardiger van die vuurwerke gekyk word om ook aanspreeklikheid te dra.

t ·

Gaan ons nou na motorvervaardigers ook kyk elke keer wanneer daar ‘n botsing was?

BETAAL ·

DAARSY die brandstigters in SA sal net leer as hulle moet BETAAL, BEBOET hulle met miljoene en al betaal hulle hulle hele lewens daaran af DIS FINE .. of vat al hulle SASSA geld, as jy wil droogmaak moet jy betaal .. jy kan nie net busse en treine en munisipale kantore en biblioteke en ander mense se huise en die Spar aan die brand steek en NIKS oorkom nie .. BEBOET hulle . hulle kom met ghrend karre daaraan .. VAT DIE KARRE af en verkoop dit … As hulle nie kan BETAAL nie gooi hulle in die tronk want laas toe ek gekyk het was BRANDSTIGTING nog teen die wet.

J ·

In die buiteland is die kinders op 16 jarige ouderdom reeds klaar met skool. Op 3 jarige ouderdim begin hulle skool loop baan. Net in Suid Afrika begin kinders eers op 7 skool gaan en eind hulle skool loopbaan eers op 18 jaar.

RF ·

Ek bly in die VSA en al die kinders wat ek ken begin Kindergarden wanneer hulle 5 is en Gr 1 wanneer hulle 6 is. Pre-K is 4 jaar oud, definitief nie 3 nie. My seuns was 18 toe hulle uit hoërskool ge”graduate” het, en ons het 2 kleinkinders wat alreeds ge”graduate” het … toe hulle 18 was. Ons het die naweek nog ‘n kleinseun wat graduate en hy het ‘n maand terug sy 18de verjaarsdag gehad. Ál my seuns en kleinkinders se vriende was 18 met hul graduation, definitief nie 16 nie!

Waarheid ·

Kan oor 99j maandeliks afbetaal word, regter doen sy werk deur natuur en gemeenskap eerste te stel. Brandstigter het sy eie lot “identiteit” bepaal.
Kind moet van baie klein, respek vir VUUR geleer word en nooit as vergeldings of wapen gesien word.

bgj van der westhuizen ·

dit is die regte straf laat hy betaal vir dit wand so sal almal leer as jy speel met vuur sal jy betaal vir die skade wat gebeur mense kry hom jammer om dat hy jonk is wat van die mense wat alles verloor het deur sy gedrag

rina ·

kan hulle nie dit in SA ook toepas met die mense wat deesdae alles hier afbrand nie asb

Willie ·

In SA word hulle agter die skerms aangehits om meer te brand

Belaglik ·

Dit is nou belaglik. Ek se nie die tiener moet nie gestraf word nie, maar ek wet jou hy het nie die vuurwerk afgevuur om ‘n veldbrand te veroorsaak nie. Dan sou hy ‘n vuurhoutjie gebruik het. Ek is ook doodseker daar waar hy dit gedoen het was daar nie borde op hy mag nie dit doen nie. Sekere state in Amerika is dit wettig om klappers te skiet en ek weet dit is in ‘n staat waar dit wettig is. Sy gemeenskapsdiens en briewe is 100%, maar om hom vir 10 jaar op te neuk vir iets wat hy beslis nie opsetlik gedoen het nie is verkeerd. SA brand maar, niemand betaal vir opsetlike dinge nie en kom weg met moord. Daai is beslis ‘n te-swaar straf vir ‘n kind wat net “Fun” wou gehaat het met sy klappers. Dit is soos om ‘n papier vliegtuig van ‘n hoe gebou aftegooi. Jy bewonder hoelank dit kan vlieg, nie hoop jy tref iemand in die oog met die ding nie.

Elize ·

Sal dit nie wonderlik wees as hier by ons ook so straf uitgedeel kan word vir die verpeslike klappers nie. Die mense het nie kos nie maar klappers word geskied ten koste van ander se oordromme / eiendom / diere. Kon nog nooit verstaan wat is lekker om die ding aan die brand aan te steek en weg te gooi dat dit ontplof nie. Daar gaan nog ‘n R10-00 in die lug in. Maar Sassa geld en die kerke sal sorg moenie worry nie

Blommie ·

Ag werklik Elize, bly jy in n huis vir bejaardes.
Jy het klaarblyklik groot uit die hemel geval, vergeet watse nonsens mens self aangevang het as kind.
Dis baie waar wat “Belaglik” se, hy het beslis dit nie met OPSET gedoen nie.
Hoeveel keer het ons as kinders dinge aangevang en vandag as groot mens wonder ek partykeer hoe ons lewend daarvan af weg gestap het.
Daai vonnis is belaglik!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.