Tiener se moord regstreeks op Instagram uitgesaai

Owerhede het gesê twee 18-jariges in Detroit in Michigan, VSA, het regstreeks op Instagram geld en ʼn vuurwapen vir kykers gewys toe een van hulle die ander een in die agterkop doodgeskiet het.

ʼn Woordvoerder van die polisie het gesê die tiener, wat die skoot Maandagaand gevuur het, het aan ondersoekbeamptes gesê hy het per ongeluk sy vinger op die sneller geplaas en die geweer het afgegaan. Hy is in aanhouding en die ondersoek duur voort.

Die slagoffer is dood voor paramedici by die huis opgedaag het.

Die name van die skieter of die slagoffer is nog nie bekend gemaak nie. Dis nog nie duidelik hoeveel persone ingeteken was op die regstreekse video toe die skietery plaasgevind het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Oom Kalahari ·

Siek speletjies wat deesdae onder tieners posvat. Dit is al ‘n tendens deesdae waar tieners sekere dinge opneem vir vermaak en geld wat kan lei tot ernstige beserings of dood. Soos bakleiery wat aangehits word, om mekaar bewusteloos te druk, die ophang of vuurwapen speletjies. Dit raak net erger en veral as daar nog drank en verdowings middels ook betrokke is. Daar is deesdae vele uitdagings vir tieners daar buite.

die wit wolf ·

Amerika het nie n’ wapen probleem nie – maar n’ geestelike siekheid probleem…kinders wat veeslaaf is aan geweldadige playstation games wat net een doel het: Soveel mense dood maak op so bloederige moontlike manier – n’ kind is soos n’ spons, hy neem alles op waarmee hy omring is, vreemd in die 50’s was wapenhantering op skool geleer en die wapenkultuur was op sy sterktste…tog was daar byna geen school-shootings nie…iets anders het fout gegaan, en ek dink die skermpies waarop almal so staar n’ baie groot rol speel.

Anoniem ·

Hulle moet alle speletjies wat nie opvoedkundig is veban in SA. Ons morele standaarde het geval na die afskafing van sensuur. Seks word openlik verkondig dus hoekom daar sowel kinders al is met kinders selfde met moored, diefstal en selfmoord. Mense sien dit daagliks op tv kyk maar na ons afrikaanse programme op kyknet dit is n gerondslaapery en saamblyery en moord en diefstal dit is in werklikheid die grootste gemors waarna ons kyk maar ons vertel ander en onsself dit is hoe dit gaan in die wereld. Ons streel ons harte deur dit te se en die beste is ons betaal DSTV duisende rande om ons te breinspoel met die gemors.

Johan ·

Tv en playstation is nie naastenby soveel van ‘n probleem soos wat mens op die internet kry nie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.