Tiener sterf weens te veel deodorant

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Tiener van Engeland is dood nadat hy te veel deodorant gebruik het.

Die seun, Thomas Townsend, het nie doelbewus die gas ingeasem nie. Sy ma, Sally Townsend, het gesê Thomas het deodorant op homself gespuit en dan naskeermiddel aangesit, in plaas daarvan om te stort.

“Hy het ongeveer ʼn blikkie per week opgebruik,” het sy aan die polisie gesê.

Daar is 42 blikkies spuitgoed in die 16-jarige se kamer gevind.

“Ek het nie geweet hy het so baie blikkies spuitgoed in sy kamer nie,” het Townsend gesê. “Hy was ʼn opgaarder.”

Die tiener was vyf jaar lank in pleegsorg en het in ʼn kinderhuis gewoon toe hy in Augustus op sy knieë langs sy bed aangetref is.

“Hy het deodorant oor homself gespuit en gesterf weens die gas,” het die lykskouer, Rachel Redman, onlangs bevestig. Die oorsaak van sy dood is ʼn inname van butaangas. Daar was geen dwelmmiddels of alkohol in sy bloed nie.

Bron: NY Daily News, Telegraph

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Dr van Pta Noord ·

Tragies, maar wat n klomp snert raak hierdie dr kwyt. Seker n dr van Suid Arika na 1994. n Leke dr sal vir jou kan se die oorledene het dit ingeasem, en dit is dit.

E.K. ·

Dr van Pta Noord ek wonder ook oor die storie. Butaangas is nie in deodorant of is ek verkeerd? AS butaangas in sekere deos gebruik word verander dit ampers daai blikkie in ‘n potensiële bom. Verder een blikkie deo per week is glad nie te veel nie. Al bad hy nie, hoe verander dit die storie? Daar is tog mos lug in ‘n vertek en versprei dit, so ek kan nie sien dat net gewone aanspuit sy dood kon veroorsaak het nie. Ek is ‘n leek maar die storie ruik na deodorant…oeps ek bedoel ‘n vrot rot! Die feit dat die arme kind in pleegsorg was ens wys dinge is nie lekker tuis en die arme kind het heel moontlik gesnuif om “weg te kom” uit sy omstandighede. Ek voel jammer vir die kind, maar die dr se storie is bollie.

Paul ·

Butaangas of propaangas word in feitlik alle spuitblikkies (deodorant, haarsproei, insekgif, verf, ens.) gebruik as aandryfmiddel vir die vloeistof wat eintlik uitgespuit word. Voorheen is chloroflurokoolstof (CFCs) gebruik, maar dit het die osoonlaag beskadig en is dus uitgefaseer.
Het jy nog nooit op so spuitblikkie gelees dat daar staan dat dit vlambaar is en dat dit nie in die vuur gegooi moet word nie? (Hoofsaaklik ‘n waarskuwing vir mense wat op plekke woon waar dit algemeen is om self jou huisvullis te verbrand, soos sekere plekke in Amerika.)

E.K. ·

Paul, nee wat ek lees nie blikkies in detail, so ek glo jou. My punt is die klink na twak, want my man gebruik ook minstens ‘n blikkie per week (hy is amper 68) en ek dink hy sou lankal ook dood gewees het as mens sommer van ‘n blikkie se spuit per week kan doodgaan. Die dood is dalk veroorsaak deur die gas maar beslis NIE net deur aan te spuit nie, die kind moes dit gesnuif het. Dit is tragies en alles maar wat ons op kommentaar lewer of dan vrae or vra is die dr se bevinding.

Gesiggie ·

Dit is so Hartseer…. nogal n vreemde geval…. hoor nie baie van sulke voorvalle ?

Charlene ·

E..K., ek weet nie so mooi nie maar ek stem saam jou. Iets ruik nie lekker hier nie. De feit dat hy is pleegsorg was wys ook vir my dat hy dalk `n bietjie ongelukkig was. Dis baie hartseer.
Maar ek moet ook sê ek het nou op my spuitgoed gelees en daar is sovaar betaan in, maar dan moet ek ook sê ek gebruik 3 blikkies maklik `n maand, en ek gebruik nog sent ook. (ek bad wel ook gereel) maar die storie is nie leke nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.