Tiener tronk toe vir speel-speel-terrorisme

Die hoofkantoor van Rusland se FSB-sekerheidsdienste in Moscow. (Foto: Kirill KUDRYAVTSEV / AFP)

Rusland het Donderdag ʼn tiener tot vyf jaar tronkstraf gevonnis, nadat hy glo beplan het om ʼn virtuele gebou van FSB-sekerheidsdienste in die rekenaarspeletjie Minecraft op te blaas.

Nikita Uvarov (16) moet nou vyf jaar in ʼn strafkolonie deurbring. Twee ander aangeklaagdes het ʼn opgeskorte vonnis gekry, nadat hulle met ondersoekers saamgewerk het.

Die drie is in 2020 in hegtenis geneem nadat hulle in die openbaar hul ondersteuning gewys het aan ʼn wiskundige en anargis in die Russiese stad Moskou, wat van vandalisme aangekla word. Die drie tieners het pamflette ter ondersteuning van die wiskundige teen ʼn FSB-sekerheidsgebou in die Siberiese stad Kansk opgeplak.

Ná hul inhegtenisneming het die polisie afgekom op ʼn gesprek op hul selfone, wat ʼn plan uiteensit om ʼn FSB-gebou in die gewilde speletjie Minecraft op te blaas. Die tieners het self die gebou op Minecraft geskep. Volgens die ondersoekspan het die drie glo ook in verlate geboue geoefen om tuisgemaakte springstowwe te vervaardig.

Nikita het onskuldig gepleit en ontken dat hy ʼn terroris is of beplan het om enigiets op te blaas. “Indien ek tronkstraf opgelê word, sal ek dit met ʼn skoon gewete uitdien.”

Nikita se vonnis blyk deel van ʼn neiging deur Russiese owerhede te wees om jongmense tronk toe te stuur in ʼn poging om terrorisme te voorkom.

In Februarie 2020 is sewe jong anargiste tussen ses en 18 jaar tronk toe gestuur op aanklag van terrorisme. Die meeste van die mans beweer hulle is tydens aanhouding gemartel en gedwing om skuld op die aanklagte teen hulle te beken.

Nog drie jongmense is in Augustus van dieselfde jaar tronk toe gestuur omdat hulle na bewering saamgesweer het om pres. Wladimir Poetin se regering omver te werp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Windhond ·

Dis wat ons hier nodig het, straf die krimineel, moenie hom probeer rehabiliteer nie, 99% kan nooit omgekeer word nie, dis n mors van geld

ES ·

Dis absurd. Gaan tronk toe omdat jy ‘n gebou in ‘n speletjie opblaas?

Die tieners wat wel bomme bou met springstof is definitief skuldig aan misdaad.

Wat kommer moet wek is dat die regering tieners vervolg en tronk toe stuur oor iets wat hulle in ‘n speletjie doen.

Al wat dit wys is dat Rusland bang is vir sy eie mense. ‘n Goeie regering met baie ondersteuners het mos niks om te vrees van sy eie mense nie? Maar dis wat gebeur as jy ‘n kommunis is wat maak of jy jou land “demokraties” regeer.

George ·

Belaglik. Dan moet almal wat ooit Counterstrike gespeel het tronk toe.

Misky ·

Die wat werklik springstof gemaak het is een saak en regverdig, maar ‘n virtuele gebou in ‘n speletjie is absurd. Dan moet duidende tieners tronk toe gaan wat moordpleeg en nog erger dinge aanvang in Grand Theft Auto

Luister ·

As jy reg lees, sal jy sien dat dieselfde mense wat die speletjie speel, ook die is wat die springstof gemaak het.

Waarnemer ·

Anargiste tussen SES en 18 jaar!!!!Wow,hoe stuur jy n ses jarige kind tronk(straf kolonie) toe?????????????dalk moet ons regering dit begin toepas op die outjies wie op str van so jonk as ses,sewe jaar oud gomsnuif en diefstal pleeg.

Luister ·

Het dit ook eers so verkeerd verstaan. Ek dink hulle bedoel die mans is tussen 6 en 18 jaar tronk toe gestuur om uit te dien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.