Tiener van Indië 232 tande kwyt

Ashik Gavai het nou 28 tande oor

Ashik Gavai het nou 28 tande oor

‘n 17-jarige tiener van Indië wat mediese hulp in Mumbai gaan soek het vir ‘n erge swelling in sy kaak, is ná ‘n operasie 232 “surplustande” kwyt. Dit is ‘n wêreldrekord.

In werklikheid is dit nie regte tande nie, maar tandagtige vergroeisels.

Dokters in Ashik Gavai se tuisdorp het geen raad gehad vir die swelling in sy kaak nie. Die dokters in Mumbai het ‘n seldsame toestand by hom gediagnoseer waar tande in die tandvleis gevorm word. Dit staan as complex odontoma bekend. Dit word met ‘n goedgeaarde gewas vergelyk.

Ná ‘n operasie wat sewe uur geduur het, het Gavai nou 28 tande oor.

Bronne: Mail Online, De Standaard

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.