Tiener vas ná moord op ouers, suster en vriendin

Argieffoto

ʼn Tienerseun is in hegtenis geneem nadat hy na bewering sy ouers, suster en ʼn familievriendin op Oujaarsaand in sy ouerhuis in Long Branch, New Jersey, in die VSA doodgeskiet het.

Chris Gramiccioni, die plaaslike staatsaanklaer, het Maandag gesê die 16-jarige seun sal tereg staan op vier aanklagte van moord en ander aanklagte wat verband hou met die skietdood van sy ouers, Steven (44) en Linda (42) Kologi, sy 18-jarige suster, Brittany, en Mary Schultz (70), ʼn vriendin wat by die gesin ingewoon het.

Volgens Gramiccioni het polisiebeamptes Sondag omstreeks 23:30 op die nasionale 911-noodlyn ʼn oproep ontvang oor skote wat uit die gesin se huis gehoor is. Die polisie het by die huis opgedaag en die tiener is sonder enige teenkanting in hegtenis geneem.

Gramiccioni het die voorval as ʼn “geïsoleerde voorval van huishoudelike geweld” beskryf. Die New York Daily News berig ʼn semi-outomatiese geweer is vermoedelik gebruik om die moorde mee uit te voer. Die polisie het op die vuurwapen beslag gelê.

Die seun se oupa en broer is nie die tydens die voorval beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.