ʼn Tiener is kritiek beseer nadat ʼn massageveg Saterdagaand tydens ʼn boksgeveg in Engeland uitgebreek het.
Die Mirror berig die geveg het omstreeks 22:30 by die Walsall-stadsaal in West Midlands tydens ʼn liggewig-boksgeveg tussen Luke Paddock en Myron Mills uitgebreek.
Een van die toeskouers het glo ʼn ander met ʼn vloeistof gespuit, waarna die skare handuit geruk en mekaar onder meer met stoele en glase aangeval het. Veiligheidsbeamptes het die oproeriges uit die saal verwyder en die geveg het buite die saal voortgegaan.
Die West Midlands-polisie het aan die BBC bevestig ʼn 19-jarige toeskouer veg om sy lewe ná die “grootskaalse wanorde”. Hy is vermoedelik met ʼn skerp voorwerp gesteek. Nog ʼn man het beserings opgedoen nadat hy glo met ʼn skerp voorwerp gesteek is. Sy lewe is egter nie in gevaar nie. Die polisie ondersoek kringtelevisiebeeldmateriaal om verdagtes te identifiseer.
Black Country Boxing, die organiseerder van die boksgeveg, het op Twitter gesê weens die ernstige voorval is alle gevegte vir Sondag gekanselleer. Die organiseerder het sy meegevoel met die slagoffers betuig en onderneem om volle samewerking aan die polisie te gee.
So die voorgeveg was in die kryt en die hoofgeveg buite die kryt?
Dit laat ʼn mens né …
Dit laat ʼn mens dink né …
Die feite is n bietjie vaag maar die ongedisiplineerde optrede klink soos n anc party vergadering hier by ons So Engeland dit is soos dit elke dag hier gaan wag tot julle hoofpaaie toegemaak word.
Hy veg om sy lewe maar sy lewe is nie in gevaar nie? Komaan Maroela, dis nou swak beriggewing. Dis soos om te se iemand het met uiterse dapperheid teen n muskiet baklei.
Dagsê Johan
Lees gerus weer wat in die berig staan: “Nog ʼn man het beserings opgedoen nadat hy glo met ʼn skerp voorwerp gesteek is. Sy lewe is egter nie in gevaar nie.” Hoop dit klaar jou verwarring op?
Groete
Phillip Bruwer, nms. Maroela Media
Laat ek raai: Immigrante?