Tienerbruid smeek pa hartroerend in brief om haar nie te laat trou

Argieffoto

Argieffoto

“Pappa, ek wil nog glad nie trou nie,” skryf ’n 13-jarige Indiese meisie hartroerend, maar vergeefs, aan haar pa.

“Ek het vroeër ’n eed afgelê dat ek nie sal trou voordat ek 18 is nie. Ek wil nie voor dit trou nie. Pappa gaan my tog seker nie nou steeds aan ’n ander man gee nie? Waarom doen pappa dit?”

Maar Duli Hembrom se pa het vasgestaan en op kritiese medianavrae bloot gesê hoe jonger ‘n meisie in die huwelik tree, hoe beter is haar kanse om ’n goeie man te kry. Uit die gebied waar sy woon, word sowat 40 persent van die meisies as minderjariges as bruide aangebied.

Die brief is aan haar skoolhoof gegee nadat sy nie daarin kon slaag om haar ouers van hul planne te laat afsien nie.

Bronne: De Standaard, MailOnline

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Wildré Scheepers ·

Dis siek om te dink sulke dinge gebeur nog steeds in moderne tye…

Wally ·

Wildré, hierdie mense leef nie in die moderne tye nie – hulle leef in die oertye!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.