Tienerseun sterf na geveg oor selfoonlaaier

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 17-jarige seun van Indië is dood nadat hy en ʼn vriend in ʼn geveg betrokke geraak het oor ʼn selfoonlaaier.

Volgens die Hindustan Times het die 17-jarige seun en sy 17-jarige vriend Donderdag by die slagoffer se huis in Nieu-Delhi in ʼn geveg betrokke geraak. Die vriend het glo die laaier laat val en dit het gekraak waarna ʼn vuisgeveg gevolg het.

Volgens die berig het die slagoffer ʼn hou teen sy bors gekry en paramedici kon nie daarin slaag om hom weer by te bring nie. Die vriend is in hegtenis geneem en het Vrydag in ʼn kinderhof verskyn voor hy na ʼn sogenaamde hervormingshuis gestuur is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.