
Argieffoto
Die Daily Mail berig onderwysers by die skool het die meisie hospitaal toe geneem waar daar bevind is sy is sewe maande swanger en in kraam. Die meisie het normaal geboorte geskenk en sy en die baba sterk in die hospitaal aan.
Die meisie en haar gesin voer aan dat hulle geen idee gehad het sy was swanger nie. Die meisie het intussen aan haar ma gesê sy is seksueel mishandel deur haar voormalige stiefpa. Die ma het ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak en ʼn 40-jarige man is in hegtenis geneem. Hy het glo erken dat hy die dade gepleeg het.
Die meisie het aan polisiebeamptes gesê dat haar voormalige stiefpa gedreig het om haar ma en broer te vermoor indien sy ooit iemand van die seksuele misbruik sou vertel. Die man word aangekla van verkragting en die onwettige besit van ʼn vuurwapen.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
19 Kommentare
Dit gaan my verstand te bowe dat ‘n pa, stief of nie, sulke dade met dogters pleeg. Ek het absoluut geen respek vir sulke onmenslike gedrag en gewoontes nie. Nie eens die diereryk toon sulke afwykings nie.
Meer as siek. Soos beskryf. Klink ook soos Azumië.
Ek kry net daai arme kind vreeslik jammer
Hoe kon die ma nie sien dat die kind swanger is nie! ‘N kind van 10 jaar is mos nog klein! Shame ek kry die kind jammer ! Dis n siek,siek mensdom!!!
Tragies! Maar is dit regtig nuuswaardig?