Tienjarige skenk geboorte ná sy kla oor maagpyn

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Tienjarige meisie van Brasilië het geboorte geskenk, ure nadat sy by die skool oor maagpyn gekla het.

Die Daily Mail berig onderwysers by die skool het die meisie hospitaal toe geneem waar daar bevind is sy is sewe maande swanger en in kraam. Die meisie het normaal geboorte geskenk en sy en die baba sterk in die hospitaal aan.

Die meisie en haar gesin voer aan dat hulle geen idee gehad het sy was swanger nie. Die meisie het intussen aan haar ma gesê sy is seksueel mishandel deur haar voormalige stiefpa. Die ma het ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak en ʼn 40-jarige man is in hegtenis geneem. Hy het glo erken dat hy die dade gepleeg het.

Die meisie het aan polisiebeamptes gesê dat haar voormalige stiefpa gedreig het om haar ma en broer te vermoor indien sy ooit iemand van die seksuele misbruik sou vertel. Die man word aangekla van verkragting en die onwettige besit van ʼn vuurwapen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Vickie ·

Dit gaan my verstand te bowe dat ‘n pa, stief of nie, sulke dade met dogters pleeg. Ek het absoluut geen respek vir sulke onmenslike gedrag en gewoontes nie. Nie eens die diereryk toon sulke afwykings nie.

Johan 2 ·

Stem met jou saam Vickie maar weet nie so lekker van die diere deel nie…diere vang snaakse goed aan hoor.

Heidi ·

Hoe kon die ma nie sien dat die kind swanger is nie! ‘N kind van 10 jaar is mos nog klein! Shame ek kry die kind jammer ! Dis n siek,siek mensdom!!!

CHRISTA ·

Hoekom lees jy dit Frans? Jy kon mos klaar uit die opskrif aflei waaroor dit gaan? Of was jy maar plein boer nuuskurig – HAHAHA!!!

Bok ·

Dis ondenkbaar en vreesaanjaende om te dink ons lewe in so ‘n siek wêreld. Waar gaan als eindig?

Gideon ·

Maroela dankie vir die nuus- dit is goed dat ons weet sulke goed gebeur, help nie ons loop met oogklappe aan nie!!!
Dat ‘n kind so mishandel word is barbaars!

Pieter ·

Dit is so hartseer as ek hierdie sien, ons almal praat en lewer kommentaar. Vir my was dit erg as dit sommer hier onder jou neus gebeur, jy dink dit gebeur net met ander mense……..

oo7 ·

Mense is siek in hulle koppe! Ek wonder wat gaan van daai arme baba en kind word…

isabel ·

Ons arme land is in sy dinges in,wat gaan van al ons kinders en kleinkinders word?kyk daai arme kind,hoeveel soortgelyke gevalle is da nie?die land beweeg net agteruit,lees die bybel God se koms is naby en dit gaan net al hoe slegter ai tog!

Lise ·

Isabel, word rustig en lees die beriggie mooi. ‘n Tienjarige meisie van Brasilië.

Dave ·

Hierdie land is nie Brazilië nie, Isabel. Dink terug aan wat jy in aardrykskunde op skool geleer het – Suid Afrika onthou! Brazilië is doer ver en hulle praat ppk nie Zulu of Xhosa daar maar Portugeus!

Berhalet Beukes ·

Nee, ons is nie Brasilië nie… Miskien het Isabel ‘n tikkie te vinnig gekies maar in SA word babas verkrag… Aardrykskunde, geskiedenis, niemand gee om nie… Is die uitjou nodig?

Dave ·

As jy dìt sou uitjou noem ken jy nie die betekins van die woord nie want as jy dit stadiger as as Isabel lees sou jy tong in die kies raakgesien het.

Annatjie Zoet ·

Maroela ek het dit so gedoen wat nog meer wil jul he. Dan moet jul meer hier skryf. Ek het my volle naam en e-pos adres gegee wat wil jul nog he? ek verstaan nie mooi hoe julle werk nie?
Annatjie Z.

Nico Strydom ·

Dagsê Annatjie

Kan jy asb meer besonderhede gee oor die probleem wat jy ondervind?

Baie dankie

Vriendelike groete
Nico Strydom
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.