Tientalle dood aan tuisgemaakte ryswyn

Foto ter illustrasie. (Foto: Pixabay)

Owerhede in Kambodja het Vrydag gesê meer as 30 mense het die afgelope maand in drie afsonderlike gevalle gesterf nadat hulle tuisgemaakte ryswyn gedrink het.

In die mees onlangse voorval het sewe vroue gesterf nadat hul ryswyn met 15% metanol besmet was. Byna 100 mense is ook weens dié konkoksie hospitaal toe geneem.

Hierdie voorval volg kort nadat 14 en 10 mense onderskeidelik tydens twee afsonderlike begrafnisse in Mei gesterf het.

“In al dié gevalle het die tuisgemaakte ryswyn uiters giftige metanol bevat, in plaas van etanol wat algemeen in alkoholiese drankies voorkom. Metanol kan selfs in klein dosisse blindheid veroorsaak,” het Kambodjaanse owerhede gesê.

Die polisie het intussen minstens 15 ryswynbrouers en -verkopers in hegtenis geneem.

“Tuisgemaakte ryswyn is gewild in landelike gebiede tydens troues en begrafnisse. Dit is ʼn goedkoop alternatief vir drankies wat kommersieel geproduseer word, maar kan dikwels ook dodelik wees.”

Die departement van gesondheid het ʼn beroep op Kambodjane gedoen om enige drankies wat hulle vermoed besmet kan wees, te vermy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Johan

Ek lees anderdag dat die Russiese soldate (wat natuurlik oor die algemeen baie swak dissipline gehaat het in WW2) met die inval in Duitsland baie maal dood gegaan het of tydelik blind was omdat hul oplosmiddels uit veral, skool Laboratoriums gedrink het….MeOH is lekker giftig hoor.