Volgens berigte is minstens 30 mense in die aanval dood. ʼn Regeringsamptenaar het aan die Associated Press gesê die aanval is glo deur ʼn selfmoordbomaanvaller uitgevoer.
Die militêre kamp is vroeër vandeesmaand ook geteiken en minstens 45 soldate is dood en 50 gewond. Niemand het al verantwoordelikheid aanvaar vir Sondag se aanval nie. Die Islamitiese Staat (IS), oftewel Isis, se Jemen-filiaal het vroeër verantwoordelikheid aanvaar vir die aanval op 10 Desember.
Aden is onder beheer van ʼn koalisie van troepe wat lojaal is aan die internasionaal erkende regering van pres. Abed Rabbo Mansour Hadi. Hulle veg teen Sjiitiese rebelle wat in 2014 Jemen se hoofstad, Sanaa, oorgeneem het.