Tientalle dood in selfmoordbomaanval

Die foto is na die vorige aanval vroeër die maand geneem. Foto: AP Photo/Wael Qubady)

Die foto is na die vorige aanval vroeër die maand geneem. Foto: AP Photo/Wael Qubady)

ʼn Ontploffing buite ʼn militêre kamp naby Aden in Jemen het tot die dood van tientalle mense gelei.

Volgens berigte is minstens 30 mense in die aanval dood. ʼn Regeringsamptenaar het aan die Associated Press gesê die aanval is glo deur ʼn selfmoordbomaanvaller uitgevoer.

Die militêre kamp is vroeër vandeesmaand ook geteiken en minstens 45 soldate is dood en 50 gewond. Niemand het al verantwoordelikheid aanvaar vir Sondag se aanval nie. Die Islamitiese Staat (IS), oftewel Isis, se Jemen-filiaal het vroeër verantwoordelikheid aanvaar vir die aanval op 10 Desember.

Aden is onder beheer van ʼn koalisie van troepe wat lojaal is aan die internasionaal erkende regering van pres. Abed Rabbo Mansour Hadi. Hulle veg teen Sjiitiese rebelle wat in 2014 Jemen se hoofstad, Sanaa, oorgeneem het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.