Tientalle dood ná brandstof-tenkwa ontplof

Foto: Twitter

Minstens 62 mense is dood nadat ʼn brandstof-tenkwa in Morogoro in Tanzanië ontplof het.

Die tenkwa het glo vroeg Saterdagoggend omgeslaan waarna mense van die brandstof probeer opskep het. Die tenkwa het in vlamme uitgebars en ontplof.

Volgens berigte is minstens 70 mense beseer en het talle van die beseerdes ernstige brandwonde opgedoen. Morogoro is sowat 200 km van Dar es Salaam.

Minstens 50 mense is verlede maand dood toe ʼn brandstof-tenkwa in Ahumbe, Nigerië, omgeslaan en ontplof het terwyl mense nog brandstof probeer opskep het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Iggie ·

Kan mense nie dink nie, brandstof (vlambaar) as dit maar eerder bier was!

johan ·

Dis is n baie groot jammer vir die families. Waar is die nodige certificate of compliance sertifikate vir die brandstof trok?
opleiding is die probleem met die veiligheid reels wat toegepas moet word.

Oom Koos ·

Dié soort voorvalle kom gereeld in Afrika voor waar mense graag mahala wil skep.

Niklaas ·

Hoeveel liter sal mens kan opskep ? Seker nie juis baie meer as 3-5 liter in emmer nie. En terwyl daar kans bestaan dat die trok enige oomblik kan ontplof en brand. Dis nie n slim waagstuk nie en dit was sekerlik een aaklige einde vir elke slagoffer daar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.