Tientalle dood na kragtige aardbewing

(Foto: Mahmut BOZARSLAN/AFPTV/AFP)

Tientalle mense is dood nadat ’n kragtige aardbewing van 7,8 Turkye en Sirië Maandag getref het.

Minstens 53 mense is dood en die dodetal sal na verwagting skerp styg. Die aardbewing het om 04:17 plaaslike tyd op ’n diepte van ongeveer 17,9 km plaasgevind met ’n naskok van 6,7 wat sowat 15 minute later gevolg het, het die Amerikaanse agentskap vir geologiese opname gesê.

Die aardbewing is een van die kragtigste in die streek die afgelope eeu.

“Ek dra my beste wense oor aan al ons burgers wat deur die aardbewing geraak is,” het die Turkse president Recep Tayyip Erdogan gesê.

Tientalle geboue in groot stede in die suide van Turkye sowel as in Sirië is in die aardbewing platgevee.

Die aardbewing is ook in die hoofstad Ankara en so ver as die eiland Ciprus gevoel.

Turkye is in een van die wêreld se aktiefste aardbewingsones geleë. Die Turkse streek Duzce is in 1999 deur ’n aardbewing van 7,4 getref en meer as 17 000 mense is dood.

’n Aardbewing van 6,8 het Elazig in Januarie 2020 getref en meer as 40 mense is dood. In Oktober 2020 is meer as 114 mense dood en meer as ʼn duisend beseer nadat ʼn aardbewing van 7 Turkye se Egeïese kus getref het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

TruthDealer ·

Arme mense. Daardie deel vd wêreld kry nogal gereeld aardbewings, Pakistan ook.

Phillip ·

MM so bly julle is weer op die lug . My dag kan nie aan gaan sonder julle nie ……….. Dit is vreeslik om so iets te beleef en jy kan niks doen nie

AmY ·

Baie sterkte aan al daai mense. Dit moet bitter vreeslik wees.
Ek het al net ‘n paar skuddings beleef, en dis al reeds erg genoeg.

Samuel ·

Mens kan net simpatie hê met die Turkse mense. Dit is verstommend om te sien hoe vinnig die Turkse nooddienste reageer het.

Katinka ·

2023 begin vroeg met aardbewings, vloede, eks wonder wats volgende? Lyk my ONS is die veiligste in Suid Afrika

Miskruier ·

So jammer vir die mense, my bybel sê dit sal al hoe meer gebeur.

Truman Burbank ·

Die een wat voorspel, is die een wat dit volbring.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.