Tientalle dwelms vandag in Ierland ‘per ongeluk’ wettig

Argieffoto

Argieffoto

Ecstasy, ketamien, kristal-metamfetamien en ongeveer ’n honderd ander dwelmmiddels is vandag in Ierland wettig nadat ’n hof beslis het dat die byvoeging van nuwe dwelmmiddels by ’n bestaande wet deur die parlement bekragtig moes gewees het.

Ouer soorte dwelmmiddels wat reeds in die wet opgeneem was toe die wet aanvaar is, soos heroïen, dagga en kokaïen bly taboe.

Ierland beplan nou ’n noodwet om die gaping wat die hofbeslissing gelaat het, toe te stop, maar die nuwe wet sal nie voor Donderdag op die wetboek wees nie. Tegnies kan niemand dus vandag vir die besit van die nuwer soorte dwelms aangekeer word nie.

’n Komplekser probleem is dat daar vermoedelik tientalle mense skuldig bevind is aan die besit of handel in dwelms wat tegnies nie onwettig was nie. Hierdie sake moet nou individueel nagegaan word.

Bron:  Irish Examiner

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.