Tientalle leerders van Christenskool ontvoer

Leerders wat ontvoer is, word gedwing om hulself en hul ouers te identifiseer. Hulle word dan gewaarsku hulle sal nie sonder ’n stryd vrygelaat word nie. Foto: Skermskoot uit die ontvoerders se video

Separatiste in Kameroen het tientalle kosgangers van ʼn Christenskool ontvoer in ʼn aanval wat sterk herinner aan die ontvoering in 2014 in Nigerië van skoolmeisies deur Boko Haram.

Aanvallers het Sondagaand toegeslaan op die Presbiteriaanse hoërskool Nkwen in Bamenda, die hoofstad van die Engelssprekende noordweste van die land, en meer as 80 mense ontvoer. Onder hulle is die hoof, ʼn onderwyser en ʼn bestuurder, asook 79 leerders, berig die Britse dagblad The Guardian.

ʼn Onderwyser wat naby die skool woon, het gesê hy het geluide van ʼn aanval op die skool gehoor, maar dit nie buite gewaag nie omdat hy vir sy veiligheid gevrees het.

ʼn Video van die ontvoerder van die kinders is in die sosiale media vrygestel deur ʼn groep wat die Amba Boys heet, ʼn verwysing na die staat Ambazonia wat gewapende separatiste in Kameroen se noord- en suidweste probeer oprig, berig Al Jazeera.

In die video kan gesien word hoe die ontvoerders talle kinders dwing om hul naam te sê en dié van hul ouers. Die kinders sê dat hulle deur die Amba Boys ontvoer is, maar nie weet waar hulle aangehou word nie.

“Ons sal julle eers ná ʼn stryd vrylaat,” sê die mans wat hulle glo ontvoer het. “Van nou af gaan julle hier skool.”

Die meeste skole in die Engelssprekende deel van Kameroen is reeds sedert Desember 2016 gesluit toe ʼn opstand begin het. Die owerheid het toegeslaan op vreedsame betogers teen die gebruik van Frans in klaskamers en in die howe, wat die krisis laat verskerp het.

Rebellegroepe voer nou ʼn stryd teen die weermag terwyl tienduisende mense ontwortel is en veel meer in vrees leef.

Volgens The Guardian gaan skole wat wel nog aan die gang is onder dreigemente gebuk sodat talle Christenskole ontheemde leerders van ander skole inneem, soos die geval by Nkwen is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Siek en sat ·

Het die wereld mal geword? Is daar nerens rus,vrede,veiligheid vir mense meer nie.

Liberalis ·

Moet nie ons linkse globale leiers se visie met die wereld bevraagteken nie, kyk eerder sport of sepies of FB en bly stil.

marco polo ·

So, n Afrikaland baklei oor watter koloniale taal hulle wil gebruik, Engels of Frans. Het hulle niks van hul eie nie? Ek kan maar net my kop in verwondering skud.

Desire ·

Dis so onnodig, onskuldige christen kinders. Asb Here bewaar hulle

Aster ·

Dis nie net in Afrika waar Christene vervolg word nie, daar is baie ander lande soos China, Noord Korea, Afghanistan, Pakistan, Irak, Iran en Eritrea waar Christene vervolg word. Mense dis baie ernstig! Dank die Here dat Ek nog die vrymoedigheid het op ‘n Sondag oggend kerk toe te kan gaan, dat my kinders by die kleuterbediening kan wees en leer van God en gebod. Ek was Sondag so aangeraak deur ‘n preek van Ds. Pieter Badenhorst by die Moreleta Gemeente (as julle ‘n uitsending hiervan kan kry, kry dit en luister daarna) en dis presies waarvan hy gepraat het! Weet net dat God se plan groter as almal s’n is. Al is ons ver van hierdie lande, is ons genoodsaak om te bid. Dis Christene wat ons 3Enige God wil dien en hulle word gevangene gehou, party word doodgemaak, dis vreeslik! Ek sal bid vir hierdie kinders, bid dat God hulle sal beskerm en die lig van die waarheid sal skyn in donker plekke.

Nene ·

Ek stem saam mens moet maar net bid en God vra om in te tree. Jesus is the answer for this world today.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.