Tientalle sterf in brand in Covid-19-hospitaal; minister geskors

Irakse polisiebeamptes buite die Ibn Al-Khatib-hospitaal in Bagdad. (Foto: AHMAD AL-RUBAYE/AFP)

Minstens 82 mense is dood toe ʼn brand in ʼn hospitaal in Bagdad, Irak, uitgebreek het. Die hospitaal word gebruik vir die behandeling van Covid-19-pasiënte.

Baie van die slagoffers was aan ventilators gekoppel en het versmoor of doodgebrand toe die Ibn al-Khatib-hospitaal in ligte laaie opgegaan het weens ʼn ontploffing in die area waar suurstofsilinders geberg word. Minstens 110 mense is beseer.

Die brand het vinnig oor etlike verdiepings van die hospitaal versprei terwyl nabestaandes by die beddens gewaak het van die 30 pasiënte in die hospitaal se intensiewe sorgeenheid waar ernstigste Covid-19-gevalle behandel word, het ʼn bron gesê.

Mustafa al-Kadhimi, Irak se eerste minister, het die land se minister van gesondheid afgedank ná die voorval. Daar is ook ʼn routydperk van drie dae afgekondig.

Irak se hospitale is weens dekades van konflik en swak investering in ʼn slegte toestand, met tekorte aan medisyne en hospitaalbeddens. Nalatigheid en endemiese korrupsie word egter ook nou opgehaal as oorsake van die tragedie.

Kadhimi het ook die hoof van die gesondheidsdepartement in die ooste van Bagdad, die hospitaaldirekteur, sowel as diegene wat verantwoordelik was vir die beveiliging en instandhouding van die mediese fasiliteit, geskors.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Adri ·

Dit klink vir ons na drastiese optrede, maar is seker wat gebeur as mense nie hulle verantwoordelikhede nakom nie. Dit kan dalk verseker dat mense nie poste vul en vet salarisse kry sonder om hulle pligte na te kom nie!

Cherokee ·

Absoluut Adri, dit klink na drasties, soos jy sê, en waaraan ek onmiddelik gedink het, is of die minister van gesondheid verantwoordelik gehou kan word, maar tòe lees ek van nalatigheid en endemiese korrupsie, en ek sien Suid Afrika in die prentjie.
As dieselfde roete gevolg sou word in SSA (Swart Suid Afrika), dan sou endemiese verandering(E) plaasvind.

Korrelkop ·

“Minister geskors”…. wou sê dit kan nie in SA wees nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.