Tier van kant gemaak ná 13 sterf

Avni (Foto via NDTV)

ʼn Tier, wat vermoedelik verantwoordelik is vir 13 mense se dood in die weste van Indië, is geskiet ná ʼn soektog deur skerpskutters en bosbouers.

Die sesjarige kat, met die bynaam Avni, het inwoners naby Ralegaon-woud in Yavatmal sedert Junie 2016 geteister. Sy is Vrydag doodgeskiet ná ʼn drie maande lange soektog, het senior polisiebeamptes Saterdag bevestig.

Die departement van bosbou het ʼn kenner en skerpskutter aangestel om ʼn soektog van nagenoeg 200 personeel te lei. Kameras, hommeltuie en ʼn groep snuffelhonde is ook ingespan om Avni op te spoor, berig NDTV.

Die hooggeregshof in die land het in September geweier om ʼn bevel op te skort dat Avni geskiet mag word sodra enigiemand haar gewaar. Sy was ʼn ma van twee 10 maande oue welpies.

Avni (Foto via NDTV)

Verskeie petisies is aanlyn onderteken om Avni te beskerm. Aktiviste het aangevoer die departement van bosbou kan haar eerder aankeer en in aanhouding hou, as om haar van kant te maak.

Beeldmateriaal wat op televisie uitgesaai is, het gewys hoe plaaslike inwoners feesvier en lekkergoed uitdeel oor die nuus dat die tier, wat hulle so geteister het, van kant gemaak is.

DNS-bewyse het Avni met vyf van die 13 sterftes in Yavatmal verbind. Bosbouers het gesê daar was DNS van ʼn tiermannetjie op minstens een van die persone wat gesterf het.

Indië is die tuiste van die wêreld se grootste getal tiere in die natuur. Volgens die Indiese nasionale tierbewaringsowerheid was daar in 2015 ongeveer 2 226 tiere.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Delani ·

Dit is belaglik!!!!!! Hulle woon in die Tier SE natuurlike omgewing! Nou moet die Tier van kant gemaak word, oordat sy doen wat n wilde diet doen.

Piet ·

Sal sien of jy nog dieselfde voel as ń Leeu jou kind aanval.

Gerhard ·

Ons voorvaders het leeus, bere, ens. totaal uitgewis in gebiede waar ons nou kan woon sonder vrees dat wilde diere jou kinders sal opvreet. Hoe kan ons vir die Indiërs preek?

Cherokee ·

Bere Gerhard? Ons voorvaders het bere uitgewis? Waar Gerhard en watse bere praat jy van?

M'Lady ·

Daar is I,3 biljoen mense en 2,226 tiere in Indie. Waar moet hierdie diere probeer oorleef as hulle natuurlike habitat al hoe kleiner word? Wat word nou van haar twee welpies? Onaanvaarbare optrede.

Hendrik UAE ·

Dis dom.Pleks kry hulle n jagter en laat hom betaal vir die trofee .Dan is daar darem geld beskikbaar vir die bewaring van die spesie.Nou wen niemand behalwe die lot wat in die tier se omgewing betree nie.

Helene ·

Janee, die mens vernietig alles. Die dier se habitat raak al hoe kleiner, maar die mens so arrogant. Siek en sat vir die mensdom!! Dis hoekom dit gaan in die wêreld soos dit gaan!! RIV Anvi!!

Oop oge ·

Helene,
Vorm jy nie deel van die oorsaak van habitat verkleining met jou deel van aanwas en die nasate nie ?
Dis after all mens se plig is om oor alle diere te HEERS….nie te “pet” nie.
Diere word tot voordeel van die mens aan gewend en nie andersom nie.

Gustav ·

Oop oge, ek dra beslis nie by tot die verkleining van habitat nie. Ek het genadiglik geen kinders nie.

Helene ·

Oop Oge, ek het genadiglik geen kinders nie. So ek dra nie by tot die verkleining daarvan nie.

@Oop oge ·

Om oor die dier te heers, beteken dat jy dit sal erken as deel van God se skepping en nie sal verwoes vir jou eie selfsugtige behoeftes nie; dat jy dit sal bewaar vir die nageslag en in alle opsigte verantwoordelik en met respek sal optree teenoor al God se maaksels. Ons kan nie alles met mensepoot vertrap net omdat ons kan nie. Wat sal uiteindelik oorbly?

Karolis ·

Die mensdom gee nie om dat 13 ander mense deur die dier doodgemaak is nie.
Hoe belaglik.

Liezel ·

@Karolis Ek verstaan dit ook nie, mense voel niks meer vir hul naaste nie.

Oop oge ·

Inderdaad !
Hulle sou ook sommer baie geld en beslommernis gespaar het net slegs n enkele goeie jagter en sy gevolg van miskien 5 mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.