Tifoon Vamco tref Viëtnam

Tifoon Vamco het aanvanklik verwoesting in die Filippyne veroorsaak en het Viëtnam nou ook getref. (Foto: Twitter)

Tifoon Vamco, wat vroeër die week reeds verwoesting in die Filippyne gesaai het, het Viëtnam Sondag getref.

Die tifoon het die sentrale gebiede van Viëtnam met windsnelhede van byna 90 km/h getref voor dit na ʼn tropiese storm afgegradeer is.

Die tifoon het die Filippyne se eiland Luzon Donderdag getref en die dodetal daar staan reeds op meer as 60. Dit het oor die vasteland verswak maar later weer in intensiteit toegeneem terwyl dit oor die water in ʼn westelike rigting beweeg het.

Die Viëtnamese owerhede het opdrag gegee dat 150 000 mense in drie provinsies die gebied moet ontruim.

Duisende mense is beveel om die gebied te ontruim. (Foto: Twitter)

Benewens die tifoon het swaar reën, vloede en grondverskuiwings die afgelope maand 235 lewens in Viëtnam geëis. Meer as 50 mense word steeds vermis.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.