Minstens 38 mense is dood nadat ‘n tifoon die Filippyne getref het. Minstens agt mense, waaronder drie vissermanne wat ondanks die waarskuwings op see gegaan het, word ook vermis.
Sowat 2 miljoen mense se elektrisiteitsverbindings is daarmee heen.
Dit is die eerste tifoon van die tifoonseisoen. Die Filippyne word jaarliks deur sowat 20 sulke storms getref. Verlede jaar het die tifoon Haiyan 6 000 lewens in die Filippyne geëis.
Hoofbron: ANP