Tiger Woods het gejaag voor ongeluk

Foto: (AP Photo/David J. Phillip)

Die polisie het Woensdag bekendgemaak dat Tiger Woods (45) se “onveilige” spoed die hoofoorsaak van sy motorongeluk in Februarie was.

Volgens die polisie in Los Angeles het Woods teen ’n snelheid van sowat 140 km/h in die Rancho Palos Verdes-omgewing gejaag voordat hy beheer oor sy voertuig verloor het. Die motor het die pad verlaat en verskeie kere gerol. Die spesifieke gebied het ’n spoedbeperking van 70 km/h.

Dié steil stuk pad waar die ongeluk plaasgevind het, is berug vir motorongelukke.

Maroela Media het vroeër berig wetstoepassers het gesê Woods was gelukkig om die ongeluk te oorleef. Die beroemde gholfspeler het ernstige beserings aan sy bene opgedoen. Woods is ná die ongeluk in ʼn hospitaal in Kalifornië opgeneem waar hy ’n operasie moes ondergaan om sy regterenkel en -voet te stabiliseer.

Woods se motor is op sy sy in ʼn stuk veld, ʼn ent van die pad af, aangetref. Die motor se enjinkap was erg beskadig.

Volgens die polisie se inligting het Woods tydens die ongeluk beheer oor sy motor verloor omdat hy nooit sy remme gebruik het nie, maar eerder die versneller getrap het.

Kapt. James Power en Alex Villanueva van die Los Angeles-polisie sê Woods sal geen spesiale behandeling ontvang nie, maar omdat daar geen getuies of polisie op die toneel teenwoordig was nie, sal hy nie strafregtelik aangekla word nie.

“Die ongeluk sou verder ondersoek word as daar ʼn ernstige besering of sterfte was en ander mense betrokke was,” het Powers gesê.

Die polisie het ook vasgestel dat Woods nie onder die invloed van dwelms of alkohol tydens die ongeluk was nie.

Daar is intussen kommer of Woods met sy ernstige beenbeserings nog gholf sal kan speel. Hy het boonop onlangs sy vyfde rugoperasie ondergaan en het gesê hy is onseker of hy in April aan die Masters-toernooi sal kan deelneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Kurt

Die versekering mpy se wenkbroue gaan lig.

Boeing

Woods is sy eie grootste vyand.

Tipper

Gesuip