‘Time’ kondig ‘persoon van die jaar’ aan

Jamal Khashoggi (Foto: Time)

Die bekende nuustydskrif Time het Dinsdag sy persoon van die jaar vir 2018 aangewys.

Maroela Media het vroeër die kortlys van kandidate bekendgemaak, onder wie Donald Trump, Wladimir Poetin, Meghan Markle en dr. Christine Blasye Ford.

Time se gesamentlike persoon van die jaar vir 2018 is “The Guardians” met verwysing na ʼn groep joernaliste. Die vier joernaliste is die kommentator en kritikus van Saoedi-Arabië se kroonprins, Jamal Khashoggi, die verslaggewers Wa Lone en Kyaw Soe Oo, ʼn redakteur van Rapple, Maria Ressa, en die nuusspan van The Capital Gazette-koerant.

Jamal Khashoggi het nie saamgestem met Saoedi-Arabië se kroonprins, Mohammed bin Salam, en die manier waarop die land regeer word nie. “Hy het die waarheid vertel oor die brutaliteit teenoor mense wat die waarheid praat. En dís hoekom hy vermoor is,” het Time geskryf.

Volgens Time is daar kringtelevisiebeeldmateriaal wat vasgevang het hoe Khashoggi die Saoedi-Arabiese konsulaat in Istanbul binnegaan. Daar is foto’s van privaat vliegtuie wat sy moordenaars vervoer, ʼn beensaag wat ingedra word en ʼn stemopname van sy laaste woorde, “Ek kan nie asemhaal nie,” terwyl hy doodgewurg word.

Wa Lone en Kyaw Soe Oo is twee joernaliste wat steeds in aanhouding in ʼn tronk in Mianmar is nadat hulle verslag gelewer het oor 10 jong Rohingia-Moslems. Die moordenaars het 10 jaar tronkstraf gekry, terwyl Wa Lone en Kyaw Soe Oo tot sewe jaar dwangarbeid gevonnis is.

Die 55-jarige Maria Ressa van die Filippyne het ʼn aanlyn nuuswebwerf genaamd Rapple begin wat berig oor die gewelddadige dwelmoorlog van pres. Rodrigo Duterte. Die Duterte-regering het Rapple van belastingbedrog aangekla wat beteken Ressa kan tot 10 jaar tronkstraf gevonnis word.

Personeellede van The Capital Gazette gaan voort om die nuus vir hul lesers te lewer ná die voorval vroeër vanjaar waar vyf personeellede tydens ʼn massaskietery in die nuuskantoor doodgeskiet is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Charles ·

Wat ‘n (bose) grap! Of is dit ‘n Griekse tragedie?- bid jou dit aan- “joernaliste” – wat verantwoordelik is vir seker die meeste nyd, leuens, vooroordeel en tweedrag ooit in die geskiedenis v/d samelewing…- nomineer en benoem ‘n ander “joernalis” as “persoon vd/ jaar”. LOL!

Was dit nie vir die hsm se ewige geween en gekners van tande oor die andersins onbelangrike persoon – wat volgens ingeligte kennis- bloot gekry het wat hom toekom nie, sou NIEMAND eens die naam in herinnering kon bring nie.

Het hulle nie die memo gelees nie, te wete dat “joernalisme” se geloofwaardigheid dood is nie?

Nou probeer DIE linkse “rag” om die dood van ‘n linkse Hamas en Moslem broederskap- ondersteunende “joernalis” op die klankgolwe te bevorder en op die bewussyn v/d man op straat, terwyl die “man op straat” inderdaad nie minder van die hele petalje kon voel nie, wy’s jou net hoe uit voeling met die res v/d wereld (Die Mense) hierdie elitistiese en heulende establishment is!

“Time” is ‘n klad (net soos die ander hsm -CNN, NYT, WashPost, NBC ens.) op die naam van “joernalisme”. Ware “joernalisme” is DOOD. Lees iemand nog “Time Magazine”, of is dit net iets wat mens onbelangstellend optel in die dokter of tandarts se spreekkamer?

Herman Goosen ·

Wat presies is die kriteria vir “Persoon van die jaar”? Moet hy polities korrek wees, uitgesproke wees teenoor sterk leiers, liberale sosialistiese denke propageer of iemand wat ‘n daadwerklike bydrae tot die samelewing gee?
Geen verrassing dat dit ‘n media organisasie is wat hierdie vent verkies het nie.

Twakkie ·

Só ‘n jammerte dat soveel publikasies wat leesgierige feitevrate ‘n klompie jare gelede nog met ‘n soort piëteit as ‘n spesiale bederfie gekoop het, die afgelope dekade só deurdrenk geraak het van dieselfde selftevrede “virtue signalling” as die linkse politici en “celebrities” waaruit hulle totale aanbieding bestaan. Linkse joernaliste het hulself uitgerangeer na hulle eie planeet, waar hulle hulself besig hou met selfgelukwensing in hul eie beperkte raamwerk, soos hul ewe wêreldvreemde linkse Hollywoodse kloekgroepie by hul toekenningsaande waarin niemand anders meer belangstel nie. Gewone mense met gesonde verstand het reeds geleer om dié twee groepe bloot te ignoreer, soos ‘n familielid se goor kind, terwyl jy hoop hulle sal uiteindelik die boodskap kry dat hulle net met hulself praat en dat hulle vloermoere oor alles en nog wat net agtergrondgeraas geword het.

Janet ·

Toppunt van ironie: mense wat die media gebruik om gal te braak oor … die media.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.